Daar is nog Garsfonteinplotte Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 24 February 2010 08:12
Untitled Document

Sonya Badenhorst van Garsfonteinplotte skryf:
Ons is reg langs Woodlands Boulevard Mall, op ’n een hektaar plot, Garsfontein-plotte. Ons was alleen en ver van alles 11 jaar terug. Nou is ons al amper toegebou met Woodlands Boulevard winkelsentrum en Mooikloof Landgoed en al daardie ontwikkelings. Ons is nog steeds onder landbouhoewes geklassifiseerd.

Ons kry altyd Die Bronberger en lees hom reg deur. Ons het maar nog altyd ons self met die plotte geklassifiseer, en kuier gereeld by “Eds” eetplek, hulle kos is heerlik en baie billik geprys.

Ons het ’n fantastiese boomryke (witstinkhout en verskeie doringbome) tuin, met die Philadelphia spruit wat deur ons grond loop.

Ons plekkie is ’n klein stukkie hemel op aarde, dit voel asof jy ver weg in die bosveld of tropiese wêreld is. Ons nagapies bly in ons dak, en baie kleintjies het hier groot geword. Ons poue het ongelukkig swaar gekry met al die plakkers om ons. Ons het nou net een paartjie oor wat nou gelukkig drie kleintjies gekry het.

Ons bome verskaf ’n wonderlike tuiste vir wilde voëls. Heelwat mense wat hier was het gesê hulle kan nie glo die plek bestaan hier reg in die middel van alles nie. Ek wil graag weet wat behels ’n advertensie en prys? Val ons onder julle area?

Julle val beslis in Die Bronberger se verspreidingsgebied. Dit is rofweg vanaf Hans Strijdomrylaan uit met Garstfontein-, Atterbury- en Lynnwoodweg tot by die Bapsfontein/Bronkhorstspruitpad as ons oostelike grens. Ook uit met die ou Bronkhorstspruitpad en tot by Rayton en Cullinan in die noorde. Ons stuur vir jou ons advertensie tariewe.

Jy kan vir ons vertel wat jy wil hê en ons maak gratis vir jou ’n advertensie op en stuur ’n proef vir goedkeuring.- Red

 

© 2020 Die/The Bronberger