Teleurgesteld in Boschkopse polisie PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 24 February 2010 08:15
Untitled Document

Mari Dreyer van Zwavelpoort skryf:
Ons bly al oor die 10 jaar op ons plot in Zwavelpoort en het nog nooit misdaadprobleme gehad nie. Tot en met laas Vrydagaand. Daar word ingebreek by ons sitkamer en alles daarbinne word gesteel. Ons en ons honde (drie grotes buite en twee kleintjies binne) slaap soos klippe deur al die geraas. Hulle is deur verskeie alarmstelsels sonder dat een van ons wakker word.

Die Boschkopse polisie kan Saterdagoggend nie uitkom na ons toe nie, want die een voertuig “hak” elders vas en die ander voertuig se sleutels is in die kluis toegesluit.

Die “Sup” moet oopsluit maar is nog nie by die werk nie. Ten einde laaste is ons stasie toe om verklarings te gaan afneem. Maandag het iemand vingerafdrukke kom neem maar wat heeltemal te laat was, want intussen het ons die stukkende vensters weer herstel en skoongemaak.

Gisteraand het die skelms teruggekom maar diè keer was ons reg vir hulle. Die skelms het net tot by die lapa gekom, toe maak die honde alarm. Ek het wakker geword van die alarm om die huis en het dadelik my man wakker gemaak.

Hy sien hulle in die lapa en laat weet die bure. Die bure bel vir Conserv en hulle daag binne minute op. Al behoort ons nie aan Conserv nie, het hulle met vasberadenheid opgedaag en ons sommer dadelik veiliger laat voel. Dankie, Conserv.

Intussen het my man die Boschkopse Polisiestasie gebel en hulle ingelig dat daar ongewenste persone op ons erf is, maar die foon word in sy oor neergeplak. Die vrou by die polisiestasie het nie eens gevra wat ons adres is nie. Nee wat Boschkop, ons kry die boodskap hard en duidelik.

Brief verkort.-Red

 

© 2019 Die/The Bronberger