Bronberger het pitkos Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 24 February 2010 08:16
Untitled Document

Reinet Venter van Moreletapark skryf:
Ek wou al lankal oor Die Bronberger geskryf het. Ek wil nou hier in die openbaar vir Gerhard en Angie geluk wens met ’n pragtige tydskrif gedruk op baie mooi papier (en dit nog boonop verniet).

Daar is baie pitkos in die tydskrif en ek kan dit vir die kinders gee om te lees. Hulle is nie baie lief vir lees nie maar geniet dit om Die Bronberger te lees. Die tydskrifte lê op ’n tafeltjie in die familiekamer en my kuiermense is net so beïndruk daarmee.

Ek het ’n voorstel dat die Huisgenoot verban word en dat Die Bronberger in sy plek uitgegee word.

Al probleem wat ek daarmee het is dat ek dit nie kan weggooi nie en almal opgaar.

 

© 2020 Die/The Bronberger