Steenmasjien pla in nagte Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 24 February 2010 08:17
Untitled Document

M J de Kock van Zwavelpoort skryf:
Is daar dan nie destyds beperkings geplaas op tot hoe laat die steenmasjien mag lawaai nie? Deesdae gaan dit aan tot tienuur die aand. Kan ’n mens êrens navraag doen of dit rapporteer?

Die Bronberger het (weer) verskeie klagtes oor die geraas by die steenfabriek gekry. Dit hou deesdae soms tot ná middernag aan en begin teen vyfuur die oggend. ’n Eienaar van Savanna Bricks het ’n paar jaar gelede onderneem om klankdigting om die vibreermasjien wat die lawaai veroorsaak, aan te bring. Dit het blykbaar nie gebeur nie. ’n Bou-inspekteur van Kungwini wat vroeër ná klagtes die klank gaan ‘meet’ het, het bevind dat dit binne die toelaatbare perke val. Die inspekteur is ná bewerings van korrupsie, nie meer werksaam by Kungwini nie. Dalk meet die nuwe inspekteur anders, sou ’n mens dit aanmeld. Jy kan ook ’n klag van rusverstoring by die polisie lê.- Red

 

© 2020 Die/The Bronberger