Bronbergse ontbloter na twee jaar vasgetrek |
|
|
News -
Aktueel
|
Wednesday, 24 February 2010 08:24 |
Untitled Document
’n Ontbloter wat Bronbergse
vrouemotoriste al twee jaar lank
teister, is op 28 Januarie vasgetrek.
Hy is in ’n bos langs Lynnwoodweg-
verlenging in Zwavelpoort gevind.
Dié 51-jarige konstruksiewerker van
Mayville ontbloot hom glo al twee
jaar lank langs Lynnwoodweg. Sy
gewoonte was om in die pad te
spring elke keer as hy ’n vrouemotoris
sien aankom, sy gulp oop te
maak en sy geslagsdeel aan die
vroue te wys.
Die ontbloter is aangekeer nadat ’n
groepie Bronbergse vroue besluit
het dat hulle net mooi genoeg van
die ontblotery gehad het.
Hulle het met mekaar kontak
gemaak op die gemeenskapsveiligheid
burgerbandradio en die
Boschkopse Polisie ingeroep.
Met die gemeenskap se hulp, het
die polisie die ontbloter vasgetrek.
Insp Francois Nolte en sers Francois
Fourie, ’n reservis, het die man op
aanklag van openbare onsedelikheid
in hegtenis geneem. |
|