Enorme luislang verras veldgidse Print E-mail
News - Artikels
Friday, 15 August 2025 08:00
Untitled Document

’n Enorme luislang is binne-in ’n safari-voertuig by Mongena in die Dinokeng-wildreservaat gevind.

Veldgidse het ’n roetine voertuigondersoek gedoen toe hulle die luislang opgekrul in die voertuig se onderstel gevind het. Dit het ’n noukeurig gekoördineerde spanpoging, wat langer as ’n uur geduur het en waar dele van die voertuig uitmekaar gehaal moes word, geneem om die slang te verwyder.


Ses manne hou die massiewe luislang vas
Foto: Skermgreep van beeldmateriaal

Die Suider-Afrikaanse luislang of gewone luislang, Python natalensis, word gemiddeld tussen 2,8 en 4 meter lank. Luislange met ’n lengte van meer as 4,6 meter is ’n seldsame verskynsel. Die wyfies is meestal aansienlik groter en swaarder as die mannetjies.

Hulle vreet gewoonlik klipdassies, hase en ander knaagdiere, katsoorte, ape, grondvoëls en klein boksoorte. Die groter luislange kan prooi van 25 kilogram insluk en dit is opgeteken dat ’n luislangwyfie van 4,7 meter en 37 kilogram ’n rooibok van 35 kilogram ingesluk het.

 

© 2025 Die/The Bronberger