Baie klagtes oor Boschkopse polisie Print E-mail
News - Briewe
Friday, 26 March 2010 16:33
Untitled Document

Edith du Toit van Mooiplaats skryf:
Ek het Sondag julle artikel in die jongste Bronberger gelees oor die Boschkopse Polisiestasie.

Een van die werkers by een van ons fabrieke is ongeveer twee weke gelede aangerand en was weggewys deur die Boschkopse Polisiestasie toe hy ’n saak wou maak. Ons was daardie Sondagaand deur sy suster gekontak en meegedeel dat hy doodgemaak gaan word, of dan reeds is.

Hy het met ’n vorige diefstal gehelp om ons goed terug te kry en word daarom deur die skelms geteiken. Hy het ’n vermoede wie dit is en dit is so aan die persoon van die polisiestasie gegee. Ons het ’n vermoede dat die polisiestasie dit afwys aangesien die persoon wat verdink word ’n gewese polisieman van die Boschkopse Polisiestasie is. Dit is moeilik om dit op skrif so te stel maar die aangerande persoon het sy vermoedens.

My eie huishulp se vriend, wat agter Star Trading Kafee woon, was Saterdag aangerand oppad huis toe en was Sondag ook by die polisiestasie om ’n saak te open. Ek het vanoggend gehoor hy was ook weggewys.

Nadat ek gekla het oor die werker by die fabriek, het die polisie die betrokke Maandag die saak kom open vir die werker, maar wat van my bediende se vriend?

In die artikel is die polisiestasie soortvan geprys vir hulle goeie werk maar hoe as ek, as een van die persone wat ook om hulp gaan vra het, anders kan praat?

Ek het in Oktober 2009 ook ’n saak gaan aangee en was weggewys. Eerder gestel, ek was beledig en as leuenaar geroep. Ek het die klagte ingedien daaroor by hul Superintendent The- Kisho en by die “ICD” en tot vandag toe, nadat ek al ’n paar maal navraag daaroor gedoen het, weet ek steeds nie wat is die gevolge van daardie saak nie.

Ons woon op plot 236 Mooiplaats, maar plot 234 behoort ook aan ons. Daar woon drie wettige plakkers op plot 234 maar hulle huisves ook nog ander onwettiges van tyd tot tyd. Op ’n keer was daar 19 onwettige persone verwyder wat weer gedeporteer was deur die polisie.

Dit was waaroor my klagte by die polisiestasie was en waaroor ek al jare kla. Die plot wat oorkant plot 234 is, plot 231, huisves steeds ’n hele paar onwettige persone. Onwettig in die sin dat die eienaar geen toestemming gegee het dat hulle daar mag woon nie. Plot 231 gee onwettig krag en water aan die persoon op plot 234. Tog dit maak nie saak vir die polisiestasie of Tshwane Metroraad nie.

Plot 231 het ook ’n “shebeen” op gehad.

Brief verkort. Ons het Edith se volledige brief vir die Boschkopse Polisiestasie aangestuur vir kommentaar.- Red

 

© 2020 Die/The Bronberger