Só is Kersfees in 1925 gevier Print E-mail
News - Toeka se dae
Friday, 12 December 2025 08:00
Untitled Document

Ons neem ’n nostalgiese reis na gister en kyk hoe die feesseisoen honderd jaar gelede dwarsoor die wêreld gevier is.


’n Amerikaanse Kersvader uit 1925
Bron: ebay.com


BBC se ‘Radio Times’ tydskrif, Kersfees 1925
Bron: hippostcard.com


’n Plakker vir Kersfees 1925 deur Dora M Batty
Bron: ltmuseum.co.uk


’n Art Deco Kersboom deur Erté vir ‘Harper’s Bazar’ se Desember 1925 voorblad
Bron: ikonographia.com


Dié sketse uit 1925 is deur EH Shepherd, die illustreerder van ‘Winnie the Pooh’ en ‘The wind in the Willows’, gedoen. Hy het ’n Britse Kersvader (onderskei deur ’n mantel met ’n kappie in plaas van ’n jas met ’n aparte mus) geteken, alhoewel die opskrif ‘Santa Claus’ is
Bron: gerrybowler.com


Die 26 Desember 1925 uitgawe van ‘The Saturday Evening Post’
Bron: ebay.com


Norman Rockwell was verantwoordelik vir die kunswerk op die voorblad van 5 Desember 1925 se ‘The Saturday Evening Post’
Bron: coverbrowser.com


JRR Tolkien se 1925 brief aan sy kinders vanaf Kersvader
Bron: upworthy.com


Dié is ’n inkkladblok met ’n Kersfees 1925 seël. Inkkladblokke kom uit ’n tyd toe mense nog vulpenne met ink uit ’n bottel volgemaak het
Bron: seal-society.org


Die Nederlandse Sinterklaas en Zwarte Piet besoek ’n moeder en kind in 1925
Bron: Wikipedia; Nationaal Archief, 1925

 

© 2025 Die/The Bronberger