Kwaad vir ?Het jy gehoor? Print E-mail
News - Briewe
Friday, 26 March 2010 16:34
Untitled Document

Marie Visser van Zwavelpoort skryf:
Ek skryf na aanleiding van die neerhalende verwysing na Joost van der Westhuizen in die Februarie-uitgawe van Die Bronberger. Onder die afdeling, ‘Het jy gehoor?’ word vir die soveelste keer in die media (nou selfs in Die Bronberger) met klippe gegooi.

Asseblief mense, Joost het al maande gelede in die openbaar en op nasionale TV sy foute erken en vergifnis gevra. Gun hom en sy naasbestaandes ’n geleentheid om die seer te verwerk en laat tog die ou koeie in die sloot.

Terloops, ‘Het jy gehoor?’, Jesus het vir Sy dissipels gesê: “dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel . . . Wees dus op julle hoede . . . As jou broer verkeerd optree, . . . en as hy berou kry, vergewe hom . . .”

Lees dit sommer self in die Bybel. Dit staan in Lukas 17: 1 tot 3.

Geen klippe is gegooi nie. Daar is net bespiegel waarom Joost genooi is om die Groot Gat Godin te help kies.

 

© 2020 Die/The Bronberger