|
News -
Briewe
|
|
Thursday, 22 January 2026 08:00 |
Untitled Document
|
Ragel Vermeulen van Rawsonville: Ek en my man het verlede jaar op sy broer se gasteplaas, Riverside Paradise, net buite Cullinan gekuier. Ons het die Saterdag agtermiddag by die asemrowende golfbaan op die dorp gaan eet.
My oog val op hierdie tydskrif op die tafel by die 19de putjie. Ek blaai bladsy vir bladsy deur en vind die tydskrif so interessant met insiggewende artikels en mooi foto’s.
Ek kon nie glo nie, en voel jaloers dat die tydskrif vir so ’n mooi plattelandse dorp elke maand gratis beskikbaar is. Die Bronberger is definitief ’n aanwins en voorreg vir Cullinan en omgewing.
|
|