Het jy gehoor? / Have you heard? - Mar 2010 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 26 March 2010 14:37
Untitled Document

Ons hoor Karin het besluit om Ed’s Place te verhuur en dat Max se Bafana ook reeds ’n nuwe eienaar het. Max het blykbaar besluit om voortaan voltyds op ’n perd se rug te bly.

xxx

Die Groen Mark word elke eerste Saterdag van die maand by Klitsgras in Tierpoort, 14 km uit met Garstfonteinweg-verlenging vanaf die Hans Strijdomrylaan kruising, gehou. Op 3 April kan jy ’n piekniekkombers saamvat, want van 4 nm tot 9 nm kan jy deur ’n teleskoop na die sterre kyk terwyl jy luister na ’n praatjie deur sterrekundige Johan Smit. Daar is ook ’n paaseiersoektog vir kinders, verversings en ’n lekker warm kampvuur. Vir meer inligting bel vir Melissa by 083-562-5249.

xxx

Nou vra ek jou hoekom? Sou dit ’n geval wees van baie ou gewoontes wat moeilik verbreek word?

xxx

In ’n antwoord op ’n brief in verlede maand se uitgawe, het ons verkeerdelik gesê dat ’n voormalige bou-inspekteur van Kungwini die baksteenfabriek in Zwavelpoort se geraas gemeet het en dit binne toelaatbare perke gevind het. Geraasklagtes word deur die gesondheidsdepartement van die munisipaliteit hanteer en dit was ’n gesondheidsinspekteur wat die geraas gemeet het.

 

 

 

© 2019 Die/The Bronberger