Wie kan blouape hervestig Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 19 February 2026 08:00
Untitled Document

Elbie Prinsloo van Pretoria:
Hoop dit gaan nog voor die wind met almal. Ons hier sit met ’n bekommernis oor die blouaap – nou-net op ons grensmure gesien.

Ons glo daar moet ’n familie van hulle iewers wees. Wie is menslik om hulle net te probeer vang en te hervestig? Hier gaan iemand hulle seermaak, want mense is soms baie ongenadiglik oor apies.

Ek hoor graag van julle in dié verband.

Ons het vir Elbie laat weet dat sy Owl Rescue Centre vir advies kan kontak. Hulle red nie net uile nie en kan haar moontlik ook na ander reddingsinstansies verwys. Skakel 082-719-5463, stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek: owlrescuecentre.org.za. – Red

 

© 2025 Die/The Bronberger