|
News -
Briewe
|
|
Thursday, 19 March 2026 08:00 |
Untitled Document
|
Hendrik Opperman van Witpoort: Hier by Henopper Melkery op Witpoort is ons baie dankbaar dat ons die hele melkkudde op Donderdag 26 Februarie teen bek-en-klouseer kon ent. Die staatasveeartse was 6 vm hier en al die beeste is deur die drukgang, aangeteken en twee spuite per dier is toegedien.
Nou is ons sommer baie rustiger rakende die draak wat oor ons koppe gehang het. Tot dusver is alle diere gesond en geen newe-reaksies of simptome is waargeneem nie.
 Die vriendelike staatsveearts, dr Karien Kruger
Gelukkig het ons vroegtydig aansoek gedoen en was seker een van die heel eerste melkkuddes wat van die eerste een miljoen entstof ontvang het. Dit het die naweek van 21 Februarie van Argentinië af ingekom en het op 25 Februarie oor die Vaalrivier gekom.
Vriendelike Bronnie-groete.
Brief verkort – Red. |
|