|
Susan Roos van Cullinan: Sondag 15 Februarie het my kinders en vriende en die vriende se ouers kom kuier. Ons het rondgery en besluit om die inligtingskantoor by die myn te besoek. Ons het R50 per persoon betaal en op ons eie, sonder ’n gids wat inligting verskaf, deurgestap (in die verlede het die gids saamgestap en inligting gegee).
Die McHardy-huismuseum is deel van die besoek: wat ’n teleurstelling was dit om die huis binne te sien. Die vloere en meubels wat jare terug so blink was en alles netjies en skoon, is nou gruwelik verwaarloos. Daar is self in een kamer bossies wat in ’n hoek deur die vloer groei.
Dan wonder ek ook of daar iemand is wat inligting het oor die ontspanningsaal wat voor Covid glo aan iemand verkoop is en nou verwaarloos staan met geen toegang nie. Daar is die mooiste skilderye teen die mure wat deur Italiaanse krygsgevangenes geskilder is en nou vir besoekers verlore is.
Daar was altyd ’n erfeniskomitee in Cullinan. Bestaan hulle nog of gaan alles maar net eenvoudig verval en tot niet gaan?
Die Bronnie het antwoorde op Susan se brief probeer vind. Hier volg terugvoer. – Red
Wyk 100 raadslid, JB Bekker antwoord: Hoewel verskillende instansies verskillende verantwoordelikhede dra, bly erfenisbewaring ’n gedeelde belang. Effektiewe samewerking tussen eiendomsbesitters, bestuursliggame en die gemeenskap is noodsaaklik om te verseker dat Cullinan se geskiedenis nie verlore gaan nie.
Ek waardeer besoekers se waaksaamheid en betrokkenheid. Konstruktiewe terugvoer soos hierdie help om aanspreeklikheid te bevorder en oplossings te vind.
Cullinan Tourism and History answers: Thank you very much for your letter and we are sorry that you had a bad experience in Cullinan. We do offer guided tours to the McHardy house museum, however, this excludes the second Diamond History Museum, which we found that visitors are unwilling to pay extra for a guided tour and generally prefer to walk through themselves (we can offer it in future for a small extra fee for the guide).
McHardy house is indeed in a very poor state, which is quite heart-breaking for us too. The good news is that we have sent a number of proposals to the landlord to have the museum renovated and they are not opposed to this project and if all goes well McHardy house will be back to its former glory before the end of the year.
The Recreation Club with the Italian murals is owned by a private entity/person as far as we know and we can only hope that they will open it up for the public again in the future. The Cullinan Historical Society is unfortunately no longer active, but we have had some talks with the previous members to revive it again, which we hope will happen during the course of the year.
As a small private business we are desperately trying to revive tourism in Cullinan and it is very disappointing for us when it goes wrong. We hope that we will be able to improve your visit the next time you decide to visit our small village again.
|