Kleurryke tydskrif Print E-mail
News - Briewe
Friday, 17 April 2026 08:00
Untitled Document

`Alet Erasmus van Kleinfontein:
Ek sit nou by die motorwasplek en kry ’n geleentheid om rustig die Maart-uitgawe van die Bronnie te lees.

Polley-arkade neem my vêr terug . . . wanneer ons stad toe gegaan het. Die mossies laat ‘Twee vir ’n stuiwer’ by my opkom, die akkedis (’n vriendin wag om ’n foto te neem van die skugter akkedis op haar stoep wat die brommers uit die aasblom gaan haal), die konfituur-storie met die blinkgroen heel stroop vye en toe die lekker-lag-storie . . . ‘As die wêreld sy agterent draai’.


Bronnie-lees by die motorwasplek 

Dankie vir elke maand se kleurryke tydskrif!

 

© 2025 Die/The Bronberger