Houtkappers se manewales Print E-mail
News - Briewe
Friday, 17 April 2026 08:00
Untitled Document

Albert Bester van Rayton:
Ons kuifkophoutkapper-paar het getrek sonder om hier by ons te broei en ek vermoed hulle is elders in die omgewing. Ek het nou ’n nuwe nes-stomp opgesit, maar hulle het nog nie weer kom kuier nie.


Die rooikophoutkapper kry aanvanklik nie die “begin-gat” op die stomp nie

Nou is die rooikophoutkapper besig om aan die onderpunt van die nuwe stomp te kap vir ’n ingang, pleks om by die “begin-gat” te werk. Hulle maak maar so simpel gate – ek het dit ’n paar keer voorheen gesien met hulle. Ek het dan later maar die gat met ’n “houtprop” toegemaak. Ek hoop maar die kuifkoppe sal terugkeer en hom verjaag.


Die nuwe nes-stomp


Uiteindelik!


Binne-in die nes

Later het hy begin om die nuwe nes-stomp op die regte plek te kap. Dit nadat hy vir ’n paar dae oral van bo tot onder gesoek en getoets het om die ingang te maak! Hoop nou maar dat hy reg sal volhou.

 

© 2025 Die/The Bronberger