|
Oppas vir ’kompos–swendelaars’ |
|
|
|
News -
Briewe
|
|
Friday, 15 May 2026 10:00 |
Untitled Document
|
Anoniem van Cullinan: Hierdie sogenaamde ‘kompos-swendelaars’ wat elke nou en dan ‘n draai maak in Cullinan is baie arrogant en vloek en skel jou uit as jy nie wil koop nie. Hulle het ook aan my bure se hek geruk om te kyk of dit sal oopmaak.
Hulle skreeu ‘hallo’ van hek tot hek en bied kompos per sak aan vir ‘n lae prys. Hulle skat hoeveel sakke gebruik gaan word en sê dan na die tyd dat baie meer gebruik is en sit druk op jou om ‘n hoër prys te betaal. Dispute word blitsvinnig aggressiewe konfrontasies.
Vra vir identifikasie en kry ‘n geskrewe kwotasie vooraf sodat jy die finale bedrag op skrif het voor die werk begin.
Nie alle kompos-verkopers is swendelaars nie, maar gemeenskappolisiëringsforums (GPF) hou ‘n paar van hulle dop wat ook in die ooste van Pretoria werk. Die Garsfonteinse GPF en Alpha Sekuriteitsforum het bevestig dat klagtes die afgelope paar maande merkbaar toegeneem het. – Red
|
|