|
News -
Briewe
|
|
Friday, 15 May 2026 10:00 |
Untitled Document
|
Eus de Clerk van Cullinan: Na aanleiding van die veearts-rubriek in Die Bronberger se April-uitgawe: Kyk wie kuier hier by ons in die gras voor die winter kom.

Dit is slang-seisoen
Verlede maand het dr Liesel van der Merwe geskryf dat slange in die herfs gereed maak om te oorwinter. Hulle soek ’n veilige, warm plek en jag meer om energie vir die onaktiewe wintermaande te berg en lê langer in die son op warmer dae wanneer die nagte koud is. Hulle eiers broei in die laatsomer uit en jong slange is op soek na kos en versprei in die gebied. Al dié aktiwiteite beteken dat herfs die tyd is wanneer veeartse die meeste gevalle van slangbyte in troeteldiere sien. – Red
|
|