|
News -
Briewe
|
|
Friday, 15 May 2026 10:00 |
Untitled Document
|
Gert Vermaak van die Bronberg-gebied: Ek het in Die Bronberger van Desember 2025 gelees oor die nuwe kampus wat op Mooiplaats gebou word en het gesien dis vir die onafhanklike Afrikaanse hoëronderwysinstelling, Akademia.
Julle het geskryf dat die eerste fase van die ontwikkeling in Januarie sou begin. Het dit toe? Ons wil graag weet hoe dinge vorder.
Die eerstefasekonstruksie het wel in Januarie begin en sal tot Desember 2027 strek, waarna gebruik van die fasiliteite ‘n aanvang sal neem. Die tweede en finale fase sal tussen Januarie 2028 en Desember 2029 plaasvind. – Red
|
|