|
Waar was die Vlieënde Piering? |
|
|
|
News -
Briewe
|
|
Friday, 19 June 2026 12:00 |
Untitled Document
|
Eduard de Koning van Rietvalleirand: Ek bly in Rietvalleirand, naby Pieringweg in Elarduspark, en het onlangs probeer uitvind waar presies die Vlieënde Piering se padkafee in die 1960’s-70’s gestaan het.
In Angie Kleijn se (baie interessante) artikel in die Bronnie se uitgawe van Februarie 2019 noem sy dat hy (waarskynlik?) sou gestaan het naby die ou Pretoria-Kemptonparkpad en dat dit waarskynlik op die R21 en N1 wisselaar is.
My vraag is of daar meer sekerheid verkry kan word waar presies hy sou gestaan het ten opsigte van die huidige R21 en N1 deurpaaie. Ander mense dink die plek was by die huidige Cornwall View-winkelsentrum.

’n Skermgreep van die M57-M31 kruising
.
|

Nog ’n skermgreep wys dieselfde kruising naby die Rietvleidam
|
’n YouTube video deur StoriaSA noem dat dit op die kruising van M57 (Boeing / Goede Hoopweg) met die M31 (Nelmapius?) is. ’n Skermgreep uit ’n ander video wys ook dieselfde kruising (naby die Rietvleidam) met die gemerkte sirkel, wat glad nie naby Pieringweg is nie? Pieringweg is omtrent 4,5 km vanaf die Nelmapius / Goede Hoop-kruising.
Ek is nuuskierig om te hoor wat ander Bronnie-lesers dink.
Lesers wat meer weet kan ’n e-pos stuur na
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of ’n WhatsApp na 083-959-1016. – Red
|
|