|
News -
Briewe
|
|
Friday, 19 June 2026 12:00 |
Untitled Document
|
Gerhard van Zyl van Moreletapark: Ek sit en kyk hoe die seekoeie saans ewe kordaat in St Lucia (KZN) ronddwaal en toe dink ek aan die (stoute) apies en ander diertjies wat bedags in Kimiad hier naby my in Moreletapark rondskarrel.
Nou wonder ek: wat gebeur rêrig snags in die Bronnie-wêreld? Loop en snuffel en aas en baljaar allerhande diere, groot en klein, ook meestal ongesiens hier tussen ons? So, wat het die lesers in hierdie verband te vertelle?
Daar is sekerlik heelwat wetenswaardighede en selfs unieke voorvalle wat met ons gedeel kan word, of hoe?
|
|