Siele gelawe Print E-mail
News - Briewe
Friday, 19 June 2026 12:00
Untitled Document

Jan Broos van Die Wilgers:
Ons was onlangs by Rietvlei-natuurreservaat. ‘n Jakkals op ‘n draffie, ‘n renoster vlak by ons, swart wildebeeste, ‘n valk besig om te jag, volstruise, elande, blesbokke, tarentale, vlei-uile, ‘n statige swartkopreier, ‘n groot waterhoender baljaar in die water, witborsduikers, rietduikers, slanghalsvoëls wat ons baie lanklaas gesien het en by die rivier se bruisende stroomversnelling klim ‘n waterbok die wal uit.


‘n Welkome gesig

Jakkalse roep en die son sak in ‘n bloedrooi bal in die weste.

Ons siele gelawe.

 

© 2025 Die/The Bronberger