|
Anoniem van Mooiplaats: Hiermee wil ek net graag iets wat ek vandag beleef het met die gemeenskap deel. Ek en my vrou moes na Boschkop-polisiestasie toe gaan om vorms te laat doen. Terwyl ons daar was moes ek die badkamer gebruik. Een van die lede het my gewys waar dit is.
Liewe genade, toe ek instap het ek tot in my siel in gegril: die badkamer was vuil, iewers moes die vloer geteël word want die teëls is afgeruk en die vloer is smerig. Die urinaal was toe met ’n sak wat al bruin was met maande se stof en die toilet self is stukkend. Geen deksel nie, dis oop en die sitplekke is afgebreek.
Ek kon glad nie dink dat enige persoon die ablusie kan gebruik nie. Hoe polisielede wat heeldag daar sit die toilette moet gebruik gaan my verstand te bowe en dan moet lede van die gemeenskap dieselfde ablusie gebruik.
Terwyl ek die storie so staan en bekyk, vang iets my oog op die onderkant van die toilet waar dit op die vloer kom. Ek wens ek het dit nie gesien nie want toe ek nader kyk kon ek sien dis stukke ou droë ontlasting. Nodeloos om te sê ek het nie gebruik gemaak van die geriewe nie, maar het wel foto’s geneem.
 Die damestoilet is gesluit en ’n kennisgewing wys dat die manstoilet buite werking is
Later het ek met een van die polisielede gepraat oor die toestand van die ablusieblok en hy het my meegedeel dat dit seker nou al vir twee jaar aangaan. Die rioolstelsel verstop kort-kort en stoot terug in die pype. Ek vermoed dis waar die stukke ontlasting teen die toilet vandaan kom. Gewoonlik word een van die polisielede dan aangesê om die pype oop te maak.
Toe ek hom vra hoekom die damestoilet gesluit is, het hy gesê dat die toilet lankal geen sitplekke het nie en nou heeltemal verstop is.
Ek stuur die foto’s wat ek geneem het saam en ek hoop regtig Die Bronberger kan dit plaas en dat iets daaromtrent gedoen kan word.
Uit die reeks foto’s het ons net die een wat die minste grillerig is gekies om vir lesers te wys. Ons het die polisiestasie se kommunikasie-afdeling vir terugvoer genader en plaas dit hier onder. – Red
Sergeant Yeroboam Mbatsane answers: Yes, I’m aware of one staff members male toilet that is out of order. But our toilets, including the one used by our clients outside the client services centre, are working and they are cleaned on a daily basis. You are also welcome to come unannounced to make your own observations.
|