Wees voorbereid in brandseisoen Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 19 June 2026 12:00
Untitled Document

Soos elke jaar sal duisende hektaar se veld in ons gebied waarskynlik ook vanjaar deur vlamme verslind word. Dit is ongelukkig so dat baie brande veroorsaak word deur mense wat sonder permitte, die nodige kennis of toerusting en salig onbewus van brandverbod-tye, probeer voorbrand maak.

Die Welbekend-brandbestrydingsvereniging se onlangse voorbrand-kennisgewing noem dat ’n mens slegs voorbrande moet maak wanneer die brandgevaar laag of matig is. Voorbrand moet voor die brandseisoen gemaak word.

Die gras moet droog genoeg wees om te brand en mense moet brandbestrydingstoerusting gereed hou. Onthou dat ’n brandpermit benodig word vir voorbrande. Vir riglyne, sluit aan by die Welbekend-brandbestrydingsvereniging.


’n Brandpermit is nodig om voorbrande te maak
Foto: Verskaf

In die Boschkop-distrik dek hulle gebiede soos: Tweefontein, Silver Lakes, Zwavelpoort, Zwartkoppies, Pienaarspoort, Mooiplaats, Donkerhoek, Boschkop, Kleinfontein, Tweedragt en Renosterfontein.

In die Welbekend-distrik dek hulle gebiede soos Mooikloof, The Hills, Rietfontein A, B en C, Grootfontein (insluitende Grootfontein- en Rietvleiview-landgoed), Tierpoort-suid en -noord, Bashewa, Klipkop, Tweefontein A en B, Nestpark, Elandvalley, Onbekend, Kameelzynkraal, Kleinzonderhout, Roodekopjes, Boschkop, Witpoort, Knoppiesfontein, Dorstfontein en Yztervarkfontein.

Dié vereniging se jaarlikse vergaderings is op 24 Junie. Bel Piet by 083-302-0561, Herman by 082-421-8043 of Willem by 082-473-2904.

 

© 2025 Die/The Bronberger