Het jy gehoor? / Have you heard? – Jun2026 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 19 June 2026 12:00
Untitled Document


Weens omstandighede buite hulle beheer moes die organiseerders die Tradisionele Mampoerfees by die Willem Prinsloo-landboumuseum op die Ou Bronkhorstspruitpad uitstel na Saterdag
27 Junie. Daar gaan steeds vermaak en aktiwiteite vir die hele gesin wees, heerlike kos, tradisionele fees-gunstelinge en ’n biertuin. Boere-orkeste en sangers gaan vir lekker kuiermusiek sorg. Besoekers kan ritte op ossewaens, trekkers, perde, kamele en ponies ervaar of deur die museum stap om te kyk na die ossewaens, perdekarre en plaasimplemente van toeka. Kaartjies kos R80 vir volwassenes en R40 vir skoolkinders en pensioentrekkers. Voorskoolse kinders en honde gaan gratis in. Kaartjies wat vir 6 Junie gekoop is bly geldig vir 27 Junie. Skakel 012-492-5808. 

~*~


Rooi Fijnwyn word op 27 en 28 Junie van 10 vm tot 5 nm by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Meer as 35 wynplase neem deel en mense kan na hartelus wynproe, eetgoed van verskeie koskraampies geniet en na musiekkunstenaars luister. Dit word op 8 Augustus deur FijnKraft Retro gevolg, ’n fees waar ’n mens jenewer, bier, brandewyn, rum, whiskey en ander boetiekbrouers se produkte kan proe. Kaartjies kos R250, sluit ’n glas en proe-sessies in, en is by iTickets beskikbaar. Skakel 082-335-5659, stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.fijnwyn.co.za.  

~*~


ACT Studios presents ‘The Wonderful Wizard of Oz’, a magical musical by children for children, on Friday 3 July at 11 am and Saturday 4 July at 3.30 pm at The Woodhillian Theatre, 43 De Villebois Mareuil Drive, Pretorius Park. Take a break from the cold and travel over the rainbow to a magical kingdom with Dorothy, her dog Toto, Scarecrow, Tin Man and Lion. Filled with magic and surprise, the story will delight Oz enthusiasts and those taking their first trip down the yellow brick road. Tickets cost R80 and are available at quicket.co.za. 

~*~


Bok van Blerk tree op 18 Julie om 4 nm by Stoetbul Parkview, Garstfonteinweg 24 op. Die konsert bevat gunsteling treffers soos ‘Die Afrikaner maak so’, ‘Dis raak’ en ‘Lemoene’. Maak gereed om te dans en saam met Bok se ander aanhangers te sing. Kaartjiepryse gaan nader aan die tyd bekendgemaak word en sal by bandsintown.com te koop wees. Om ’n tafel te bespreek, skakel 067-438-1738. 

~*~


The Crafters Fair Winter Market, one of Pretoria’s biggest winter indoor markets, will be hosted over ten days from 24 June to 4 July at Moreleta Church, Moreleta Park, 1353 De Villebois Mareuil Drive. The market is open from 9 am to 6 pm and is closed on Sundays. Over 250 exhibitors offer high-quality arts, crafts, homeware, gifts and fashion. The entrance fee is R10 and children under 12 go in for free. Contact the organisers at: 083-417-5000, 082-453-7933 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


Nataniël Gesels 2026 ‘Beweeg. Die ware kuns van oorleef’ word op 4 Julie om 11 vm en weer om
3 nm by Fairtree Atterbury-teater aangebied. Met stories, deernis, vrae, antwoorde, vermaaklikheid, eerlikheid en in alle erns takel Nataniël weereens ’n yslike onderwerp: die toename in finansiële, professionele, emosionele en sosiale aanslae. Hy bekyk die dilemma met skreeusnaakse en verrassende gevolgtrekkings en deel dan sy tien goue reëls vir oorlewing. Lede van die gehoor kan vrae vooraf in ’n houer plaas. Kaartjies kos vanaf R300 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. 

~*~


Cullinan Events Co presents the Winter Wine Festival from 10 am to 5 pm on 4 July at Makers Village, 103 Oak Avenue, Cullinan. Tickets cost R170, include entrance, a stemless wine glass and unlimited tastings and are available at quicket.co.za. The festival also features a lively market area with food stalls, deli products and general craft stalls. Phone Danie Booysen at 082-926-4326. 

~*~


Met sy mees onlangse album, ‘Dwaas’, bring Steve Hofmeyr op 25 Junie om 7.30 nm ’n vars en energieke konsert na AfriForum-teater in die Greenlyn Village-sentrum op die hoek van Thomas Edison- en 13e Straat, Menlopark. Die vertoning sluit nuwe treffers in asook gunstelinge wat Steve se aanhangers oor die jare leer ken het en is behoorlik ’n reis deur sy musieklewe. Kaartjies kos R250 en is by afriforumteater.co.za beskikbaar. 

 

© 2025 Die/The Bronberger