|
News -
Briewe
|
|
Friday, 17 July 2026 08:00 |
Untitled Document
|
Olwagen Sevenwacht van Cullinan: In Die Bronberger se Junie-uitgawe vra Gerhard van Zyl of lesers stories kan vertel van allerhande diere wat snags loop en snuffel en aas en baljaar. Hy praat ook van die ape by Kimiad in Moreletapark.
Wel, laat ek jou sê, die aaptroppe op Cullinan sluip dalk nie snags rond nie, maar hier teen sterk skemer soek hulle lêplek en hop van boom tot boom. Dis nou nadat hulle die hele dag mense wat vrugtebome het geterroriseer het.
Sou daar nie jou wrintiewaar ’n aap teen my toiletvenster vasspring hier teen sterk skemer noudie dag nie! Wou hy inkom? Kom hulle deesdae in huise in? Dit kan erg gevaarlik raak omdat hulle vasgekeer sal voel en dalk kan aanval.
Die ander dag het ’n vragmotorbestuurder ’n aap doodgery op die dorp. Hy is nie dadelik dood nie en het homself nog voortgesleep. Sy troppie het langs die pad gebly tot hy dood is. Sal ’n voetganger nie toe dadelik die dooie aap gryp nie – om te gaan eet, het hy gesê!!
|
|