|
In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.
 ’n Leeglopende wynglas Foto: Retha Sisler
 Marinda le Roux het dié sonsondergang oor Tierpoort beleef
 ’n Mooi wintermiddag Foto: Emma Koekemoer
 Die gevlekte lyster het op Albert Bester se grasperk gaan kuier
 Sonsopkoms deur die lens van Pieter Krige
 Die mooi van amper-donker weerkaats op die water Foto: Nimue Fletcher
 Dié kaalwangvalk was ’n onverwagte besoeker op die dak van Michelle Botha se bure
 “Vinkel en Koljander,” sê Hein de Wet oor dié foto van hom
 Venessa Lourens Nienaber was net betyds om die sakkende son vas te vang
 “En ’n voël draai bowe in eensame vlug . . .” Foto: Eus de Clerk
 Nog ’n sonsondergang oor Tierpoort Foto: Retha Sisler
 Kruger Vorster het dié wolke bo Boardwalk Meander in Olympus raakgesien
|