|
Eduard de Koning het verlede maand in ’n lesersbrief gevra of iemand weet waar presies die Vlieënde Piering se padkafee in die 1960’s– 70’s gestaan het. In ‘Vlieënde piering-padkafee se vreemdheid só verewig’ in Die Bronberger se uitgawe van Februarie 2019 het ons vertel dat die Vlieënde Piering-wisselaar en Pieringweg in Elarduspark albei verwys na een van Pretoria se eerste padkafees, die Vlieënde Piering, wat uit die 1960’s en 70’ dateer.
Eduard het geskryf dat ’n YouTube video deur StoriaSA noem dat die padkafee op die kruising van M57 (Boeing / Goede Hoopweg) met die M31 (Nellmapius?) is. ’n Skermgreep uit ’n ander video wys ook dieselfde kruising (naby die Rietvleidam).
 Die kaart uit 1971, wat Rudi Bezuidenhout gestuur het, wys ook geen struktuur naby die dam nie
Rudi Bezuidenhoudt van Pretoria: Vir die leser wat gevra het waar die Vlieënde Piering was? Ek het kaarte van 1937, 1968 en 1971 gekry, maar dit is steeds nie duidelik dat dit op die kruising naby Rietvleidam is soos gedink nie – tensy dit dalk tussen die bome was. Die antwoord het later gekom op Vriende van Tshwane Erfenisnavorsingsentrum se Facebook-blad – ek stuur hulle kaarte ook.
 ’n Lugfoto van 1969 wys die padkafee in die jare voor die N1 en R21 klaar gebou is en voor die Vlieënde Piering-wisselaar daar was Bron: Vriende van Tshwane Erfenisnavorsingsentrum
 ’n Lugfoto van 1972 wys die padkafee en die nuwe snelweë Bron: Vriende van Tshwane Erfenisnavorsingsentrum
 Vriende van Tshwane Erfenisnavorsingsentrum sê dat die koördinate 25°50'06.0333"S en 28°14'54.7224"E is wat dit binne die hedendaagse Deltapark-kompleks plaas Bron: Google Maps
 Gerhard Vermaak was ’n plattelander op besoek aan Pretoria en het dié foto van die Vlieënde Piering-padkafee in 1967 geneem
|