|
News -
Briewe
|
|
Friday, 14 August 2026 12:00 |
Untitled Document
|
Susan van Niekerk van Cullinan: Ek is ’n nuwe intrekker te Cullinan op ’n plaas. As ek by ’n haarsalon of tandarts kom, verslind ek Die Bronberger en neem foto’s van die reseppies en lees die geskiedkundige stories.
Kan julle asseblief maandeliks Die Bronberger vir my stuur en indien moontlik van die vorige uitgawes?
Hou so aan met die mooi tydskrif. Ek was ook in die drukkersbedryf en waardeer die drukwerk, uitleg en goeie kwaliteit papier. Hou so aan.
Bly ek is ook nou ’n Bronnie.
Ons het Susan op die Bronnie se WhatsApp-groep gesit vir toekomstige uitgawes. Loer gerus na vorige uitgawes op ons webwerf, www.bronberger.co.za, se Aflaai-afdeling. – Red
|
|