Skoot in die donker Print E-mail
News - Briewe
Friday, 14 August 2026 12:00
Untitled Document

Herman Bosman van Pretoria:
Ek skiet hier ’n skoot in die donker. Alhoewel julle ‘Toeka se Dae’ meer gefokus is op Pretoria en omstreke se geskiedenis en interessanthede, wil ek graag by julle om hulp aanklop.

Ek is op soek na inligting oor die vroeë geskiedenis en ontstaan van Clocolan. Daar bestaan ’n boek: ‘Geskiedkundige Clocolan 1906 – 1969’ deur LH Cloete & JJG Grobbelaar. Ek weet ongelukkig nie wie die uitgewer was nie. ’n Kopie daarvan kon ek ook nie opspoor nie.

Ek is ook op soek na inligting oor die ontstaan en groei van die Clocolan Landbougenootskap, byvoorbeeld die stigterslede, artikels, nuusbriewe en interessante brokkies.

Julle het nie miskien enige inligting beskikbaar om te deel of enige kontakte wat ek kan nader om hulp nie? Ek sal enige insette waardeer.

Lesers met meer inligting kan Herman kontak by: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . – Red

 

© 2025 Die/The Bronberger