Die verlate nessie Print E-mail
News - Briewe
Friday, 14 August 2026 12:00
Untitled Document

Rachel Theron (11 jaar) van Meyerspark:
Eendag het ’n speg met baie moeite ’n pragtige nessie in ons pruimboom gebou. Hy het mooi liedjies gesing en pronkend gedans in die hoop om ’n vroutjie te kry.

Maar helaas, daar het geen vroutjie gekom nie en die mannetjie het maar verkas om sy vroutjie op ’n ander plek te gaan soek. Nou staan sy nessie leeg in ons boom waar ander voëltjies woon.

 

© 2025 Die/The Bronberger