Wil meer weet oor Bashewa PDF Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 22 April 2010 16:12
Untitled Document

Pierre Lombard van Kleinfontein skryf:
Eerstens wil ek my waardering uitspreek oor ?n wonderlike tydskrif. Dit verskaf aan my ure se genot van goeie leesstof. Ek is woonagtig in Kleinfontein sedert 1999 en is toe weg in 2006 en pas weer terug om te bly.

In die tydskrif vind ek egter dat daar nogal heelwat van die afdeling Bashewa genoem word. Graag sou ek meer wou uitvind oor die streek en sy geskiedenis.

Wat sou die oorspronklike naam van die streek gewees het? Trouens, in my padkaart van Pretoria en omgewing vind ek egter nerens die naam Bashewa nie.

Kan u so vriendelik wees en vir ons meer oor die ontstaan en geskiedenis van ons verskillende afdelings gee? Soos oorspronklike eienaars en ligging. Ek is nogal baie geheg aan ons geskiedenis. Nogmaals dankie vir u puik leesstof en u tyd om dit saam te stel.

Die mense van Bashewa vertel uiteenlopende stories oor die oorsprong van die naam. Een storie is dat dit in ?n swart taal beteken ?die haas hardloop vinnig?. Sommige inwoners meen die naam ?Bashewa? verwys na baie water, terwyl ander s dit is ?n verbuiging van die oorspronklike naam ?Berseba.?

Lesers wat meer weet oor oorsprong en geskiedenis van die gebied, is welkom om ons te kontak by 012-734-0522 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

© 2019 Die/The Bronberger