Het jy gehoor? / Have you heard? – Aug2026 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 14 August 2026 12:00
Untitled Document


Die jaarlikse Valleipartei en Kinderkarnaval word op 29 Augustus vanaf 8 vm by NG Valleisig-gemeente op die hoek van Tipperary- en Mayostraat in Faerie Glen gehou met hope speletjies, ritte en vermaak. Daar gaan verskeie kraampies wees met ou gunstelinge soos pannekoek, kerrie en rys, boereworsrolle, sosaties, spookasem en koffie sowel as ’n teetuin en biertuin. Daar is ook vertoon-motors, kuns, hand- en tuisgemaakte produkte en ’n musiek-verhoog. Vir navrae bel Riaan Visser: 082-459-4293.  

~*~


There is a Moonlight Festival on 21 August from 4 pm to 9 pm at Riverside Castle, plot 204, Graham Road, Zwavelpoort. Visitors can look forward to live music, food stalls and good vibes in an enchanting outdoor setting. Entry tickets cost R100, include a mini charcuterie snack box and a gin cocktail and are available at quicket.co.za. 

~*~


Bubbly & Gin Innie Bos word op 29 Augustus van 10 vm tot 5 nm by Windy Brow-natuurreservaat op die R513 buite Cullinan gehou. Die tema is ‘Diamonds are a girl’s best friend – all that glitters is gold’. Kaartjies kos R180, sluit toegang, ’n proeglas en onbeperkte proe van vonkelwyne en jenewer in en is by quicket.co.za beskikbaar. Bel Danie Booysen vir meer inligting: 082-926-4326.

~*~


Die Nederlandse aftreeoord, De Meerpaal in Stellenbergweg, Equestria, se jaarlikse lentemark is op 12 September vanaf 9 vm. Alle Pretorianers word genooi om te gaan proe hoe die appeltert, krokette, poffertjies, haring, rookwors en pannekoek smaak wat op die eg Nederlandse manier voorberei is. Daar gaan verskeie kraampies wees met blomme, plante, aarbeie, klere, reukwater, skoene, handwerk, boeke, wit olifant en koper versamelstukke. Die heerlike koffie en Nederlandse musiek gaan die ondervinding heel gesellig maak. Vir meer inligting, bel dr PC Delport: 082-935-4482.

~*~


Padstal hou op 11 en 12 September ’n bierfees, daagliks van 12 nm tot middernag. Musiekkunstenaars op die verhoog strek van Springbok Nude Girls en Francois van Coke tot Dozi en GString. Behalwe yskoue bier en fees-aanbiedinge gaan daar ’n verskeidenheid koskraampies wees in ’n familie-vriendelike feesatmosfeer. Vroeë kaartjies kos R100 en is by quicket.co.za beskikbaar. Padstal is by The Highway-straat 265, Equestria.

~*~


‘Stories en Sterre’ is ’n aand van musiek, stories en verwondering saam met pianis en sanger Christof van der Berg. Hy lewer sy musiekteaterproduksie op 27 Augustus om 6 nm by Swartskaap Bistro @ Sherewood Lodge, Coleweg 100, Shere. Geniet ’n driegang-gourmetmaal en ’n wynproe voor die reis deur oorspronklike musiek, geliefde wêreldtreffers en onvergeetlike verhale, wat onder die sterre van ’n Vrystaatse soutplaas begin en lei na glansryke wêreldstede, ontmoetings met onvergeetlike karakters en oomblikke wat die lewe vir ewig verander. Kaartjies kos R550 en is by webtickets.co.za beskikbaar.

~*~


‘Sammy’s Secret: A haunted history hunt’ (Episode five) starts at 4 pm on 12 September at the Ditsong Sammy Marks Museum on the Old Bronkhorstspruit Road (R104). Teams of two to five people enter a race against time to unravel riddles, puzzles and hidden clues in different rooms of the museum. The winning team will play against other winning teams at the grand finale towards the end of 2026 at Ditsong: National Museum of Natural History. Light refreshments and a juice will be served afterwards. Tickets cost R500 and are available at quicket.co.za.

~*~


Die Weiveld Lentefees is op 12 September van 4 nm tot middernag by die Weiveld Skousaal, Boschkoppad, plot 1, Zwavelpoort. Kunstenaars soos Zaan Sonnekus, Bok van Blerk, Chris Steyn en Juan Boucher gaan optree. Kaartjies kos vanaf R200 en is by quicket.co.za beskikbaar.

~*~


‘Hoort’ met Stephanie Baartman en Coenraad Rall word op 23 Augustus om 3 nm by Fairtree Atterbury-teater in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor opgevoer. Dié semi-outobiografiese kabaret vertel hoe Stephanie haar plek in die wêreld probeer vind te midde van haar gemengde agtergrond. Kaartjies kos R230 en is by seatme.co.za beskikbaar.

 

 

© 2025 Die/The Bronberger