Bapsfontein lok wéreld se voorstes na toernooi Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 17 October 2026 09:00
Untitled Document

Die Diamond Ladies Polo Ope, wat van 11 tot 13 September by die East Rand Polo-klub op Bapsfontein gehou is, het nege van die wêreld se voorste vrouepolospelers van so ver as Engeland, Ierland, Australië, Nieu-Seeland en Zambië na ons kontrei gelok.

Dié vrouepolotoernooi is die grootste in die land en 24 Suid-Afrikaanse spelers het in verskeie spanne in die A- en B-afdeling van die toernooi deelgeneem.


Die vrouepolotoernooi op Bapsfontein
Foto: Verskaf

Die wenners van die A-afdeling was die Otto 1890-span met Emily Paterson en Mary Jellis van Zambië en Courtney Soal en Courtney van Reenen van Suid-Afrika.

Die wenners van die B-afdeling was die Chukka Queens met Mary Jellis van Zambië en Olivia Reitz, Clair Abraham en Tessa Haines van Suid-Afrika. Mary het ook die algehele diamantprys gewen.

 

 

© 2025 Die/The Bronberger