Skote gedenk stelsel Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 17 October 2026 09:00
Untitled Document

’n Geskiedkundige kanonkettingskoot het op Erfenisdag reg oor Suid-Afrika weerklink. Die nasionale ketting van 31 kanonskote het ons kontrei ook betrek met ’n skoot wat vanaf Diamond Hill afgevuur is.

Abrie van Vollenstee, die kanonnier in beheer van die nommer 24 kanon, sê dat dit waarskynlik die eerste keer ná die Slag van Donkerhoek, 126 jaar gelede, is wat ’n kanon op dié slagveld afgevuur is.

Die projek is deur die Suid-Afrikaanse Kanonniersvereniging gereël om die oorspronklike Hollandse kanonoproepstelsel, wat in die 17de eeu aan die Kaap gebruik is om boodskappe oor groot afstande oor te dra, na te boots.


Die kanon op die terrein van die Slag van Donkerhoek
Foto: Verskaf

In ’n tyd lank voor telegraaflyne en moderne kommunikasietegnologie is dié stelsel deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie ontwikkel om waarskuwings teen moontlike bedreigings, die oproep van hulp en belangrike boodskappe vinnig tussen afgeleë poste oor te dra.

Volgens die Kanonniersvereniging is die kanonkettingskoot op Erfenisdag aangebied om dié merkwaardige deel van ons geskiedenis te herdenk en ook om die land se ryk erfenis van voorlaaikanonne te bewaar en aan die publiek bekend te stel.

 

 

© 2025 Die/The Bronberger