Sportklub gestig Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 17 October 2026 09:00
Untitled Document

Diamantpark-aftreeoord op Bronkhorstspruit het ’n sportklub gekry. Inwoners het op 5 September bymekaar gekom om putjiespel (‘putt putt’) en jukskei te speel.


Pieter Schoeman van Pick n Pay oorhandig die rugbytrui aan die wenner, Spokie Vermeulen
Foto’s: Verskaf

Die aand is worsbroodjies gebraai en die rugbytrui wat uitgeloot was, het ’n eienaar gekry. Daar was ook ’n paar pryse wat mense kon wen.


Deelnemers aan die sportdag

Sameroeper, Tommy Rudolph, sê dat daar oor die 26 jaar wat die plek bestaan geen sportfasiliteite was nie en dat die meeste bejaardes maar net gesit en televisie kyk het. “Die sportklub bring mee dat die inwoners mekaar beter leer ken, ook die mense van die ander vier aftreeoorde wat hier langs ons geleë is.”


Die 92-jarige Tom Viljoen het ook deelgeneem

 

© 2025 Die/The Bronberger