Het jy gehoor? / Have you heard? – Okt2026 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Saturday, 17 October 2026 09:00
Untitled Document


Premiermyn Hervormde Kerk hou DV op 17 Oktober om 11 vm ’n Lentekuier waarin die mooi van die lewe met die universele taal van musiek gevier word. Scheppel, virtuose violis, bekend vir sy ongelooflike passie, ryk klanke en klassieke elegansie het geen bekendstelling in musiekkringe nodig nie. Smaaklike eetgoed, wyn of sjerrie, kraampies, blomme en pryse te wen maak deel uit van die dag. Elke kaartjie sluit ’n kans in om ’n koningingrootte kwilt te wen. Bel Elizma van Staden by 079-517-5739 om ’n kaartjie te bespreek.

~*~


A hands-on beginner’s mushroom growing workshop will be held on 24 October from 9 am to 1 pm at the Bronberg Conservancy on Graham Road in Tierpoort. In just one morning, you’ll learn to grow gourmet oyster mushrooms from scratch. The workshop costs R400 and the price includes all materials and equipment, quality mushroom spawn, pasteurised substrate, your own inoculated take-home grow bag and expert guidance. Tickets are available at quicket.co.za.

~*~


Festive FijnWyn word op 7 November van 10 vm tot 5 nm by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Meer as 35 wynplase gaan aan dié afskopgeleentheid van die feesseisoen deelneem. Daar is watertand eetgoed by verskeie koskraampies beskikbaar en musiekkunstenaars gaan optree. Kaartjies kos R250, sluit ’n glas en proe-sessies in, en is by iTickets beskikbaar. Skakel 082-335-5659, stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.fijnwyn.co.za.  

~*~


There’s a Halloween club night on 31 October from 7 pm at Malt Barrel and Fire Silver Lakes at Silver Oaks Crossing shopping centre on the corner of Solomon Mahlangu and Von Backstrom Boulevard. The venue will be hosting its very first KPOP Halloween-themed party and all your favourite jams will be played by Lulu Lollipop. No under 18’s are allowed. Tickets cost R80 and are available at quicket.co.za.

~*~


Somer Wyn Innie Bos word van 10 vm tot 5 nm by Somabula-natuurreservaat op die R515 buite Cullinan gehou. Kaartjies kos R180 vir volwassenes en sluit toegang tot die reservaat, ’n glas en proe-sessies in. Kinders onder 18 betaal R30. Voeg ’n wildrit by die pakket en volwassenes betaal dan R280 en kinders onder 18, R130. Kaartjies is by quicket.co.za beskikbaar. Skakel The Tasting Events Co: 082-926-4326.

~*~


Die Lig en Ritme Fees is op 3 November terug op die sportvelde van Laerskool Tygerpoort, Henryweg 41, Shere. Die hekke open om 2 nm vir ’n middag en aand van musiek, lekker kos, kuier en vermaak vir die hele gesin. Daar is ’n feesmark, kosmark, kinderpretmark, massa-tromspel en ’n vol buitelugprogram met Saxby Twins, Arno Jordaan en Elvis Blue as hoofkunstenaars. Algemene feestoegang is R180 en kaartjies is by quicket.co.za beskikbaar.

~*~


Almal word uitgenooi om op 14 November vanaf 4 nm deel te neem aan Klitsgras se tromsirkel of om net te luister, te dans en die atmosfeer in te drink. Toegangskaartjies kos R20 by die deur en verversings is beskikbaar. Klitsgras is uit met Garstfonteinweg-verlenging in Tierpoort. Vir meer inligting, stuur ’n WhatsApp na 083-311-0025.

~*~


Harmonie Stalle hou vanaf 3 nm op 7 November ’n Western-partytjie as fondsinsameling vir die ryskool. Dit is ’n bring-en-braai met pap en sous wat verskaf word. Allerhande aktiwiteite, soos boeresport en ’n waterglybaan is vir die middag beplan en die aand word gaste geleer hoe om lyndanse te doen. Kaartjies kos R150 vir volwassenes en R100 vir kinders onder 12. Die stalle is op plot 90, Edel Eta-weg, Bashewa. Bel Cindy by 082-564-9617 of Ria by 082-780-0035.

~*~


‘Eerste vir alles’ is ’n romantiese komedie wat om 7 nm op 3 en 4 November by Fairtree Atterbury-teater in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor opgevoer word. Eeue nadat hulle uit die paradys gesmyt is, besin Adam en Eva oor die huwelik. Eva (Margit Meyer-Rödenbeck) kry uiteindelik ’n beurt om haar kant van die storie te vertel: die lief en leed van die eerste moeder en huisvrou. Adam (Frank Opperman) glo ook nie hy het dit maklik gehad nie. Die handboek vir menswees is eers ná sy tyd geskryf. Kaartjies kos R250 en is by seatme.co.za beskikbaar. 

~*~


‘Die vrouens in Langenhoven se lewe’ word om 7 nm op 6 November by AfriForum-teater in die Greenlyn Village-sentrum op die hoek van Thomas Edison en 13de Straat, Menlopark opgevoer. Dit is die verhaal van die komplekse verhoudings, uitdagings en opofferings wat agter geslote deure skuil. Die toneelstuk neem die gehoor op ’n reis deur die lewe van Vroutjie, Engela, Langenhoven en – in ’n mindere mate – die aantreklike Sarah. Kaartjies kos R200 en is by afriforumteater.co.za beskikbaar. 

~*~


Hidden across Pretoria are larger-than-life artworks that transform ordinary walls into public masterpieces. The Pretoria Wall Art Trail, presented by Discover Pretoria East and Murals by Mac, brings these artworks by Pretoria-based artist, Christopher MacClements, together in one easy-to-follow experience. The trail allows you to explore the city at your own pace. There are no fixed starting point and no set route. Download the free map at discoverpretoriaeast.co.za.

 

© 2025 Die/The Bronberger