Nandi herstel ná slangbyt Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 17 October 2026 09:00
Untitled Document

Nandi, ’n mak sebra by Zebra Safaris buite Rayton, is in September deur ’n slang gepik. Ondersteuners het ingespring en danksy ’n fondsinsamelingsveldtog is genoeg geld bymekaar gemaak vir behandeling wat Nandi se lewe gered het.


Nandi is deur ’n slang gepik
Foto: Verskaf

Dit is nie bevestig nie, maar alle tekens het daarop gedui dat Nandi deur ’n nagadder gepik is.
Dr Shanzelle Rabie, ’n veearts wat in wilde diere spesialiseer, het uitgegaan om die nodige drie inspuitings te gee.


Nandi kon weer begin vreet
Bron: Skermgreep

’n Sebra sal nie soos ’n perd stilstaan om ingespuit te word nie, en Nandi is in ’n drukgang gesit waar dr Shanzelle haar met die hulp van ’n teleskopies-verstelbare paal met ’n inspuitmeganisme aan die punt, ingespuit het. Dit laat die veearts toe om akkurate en konsekwente dosering toe te dien sonder om direk aan die dier te raak.


Dr. Shanzelle Rabie spuit Nandi in
Bron: Skermgreep

Die behandeling het gewerk en binne ’n paar dae was daar minder swelling rondom Nandi se neus en in haar keel en sy kon weer begin vreet en water drink. Sy het ook anti-inflammatoriese middels en ekstra elektroliete in haar voer gekry en teen die Bronnie se saktyd was Nandi op die pad na volkome herstel.

 

© 2025 Die/The Bronberger