Wat word van saaknommers? PDF Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 22 April 2010 16:31
Untitled Document

Edith du Toit van Mooiplaats skryf:
Graag wil ek weer by julle aanklop, steeds oor die klagte van diens by die Boschkopse Polisiestasie. Daar is op 24 Februarie by ons ingebreek. Boschkop verwysing: CAS 201/2/2010. Ondersoeker Insp Mashabela. Nog geen terugvoering is aan my gegee nie.

Weer op 15 Maart. Boschkop verwysing: CAS 136/03/2010. Ondersoeker het nog nie eers opgedaag nie. Die kaptein het my wel Donderdag gebel en ges hy kom Vrydag. Hy was nie bewus dat daar weer ingebreek is nie. Hoe as die CAS nommers verskil? Dit is vandag al twee weke daarna.

Ek is vanoggend meegedeel dat daar geen tydsverloop kan wees nie en dat indien daar geen leidrade gekry word nie, die saak dan uitgegooi word as onopgelos.

Ek het onlangs navraag gedoen oor die laaste sake wat gelys was en wel geboekstaaf is by die polisiestasie en ek kan geen saak van ons daarop sien nie. Daar was vanaf einde Oktober 2009 meer as ses maal by die fabriek ingebreek, die sake word nie eers getoon nie. Was hulle dan ook uitgegooi as onopgelos?

Hoe gemaklik kan dit dan nie wees nie en waarom dan die moeite doen om dit te gaan aangee? My laaste twee sake kon ek ook nie sien nie, maar die laaste een kon nog later opgesit gewees het.

Brief verkort.-Red

 

© 2019 Die/The Bronberger