Het jy gehoor? / Have you heard? - Apr 2010 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 22 April 2010 14:38
Untitled Document

Daar word ?n Kragdag by Diamantvallei gehou op 22 Mei waar voorbeelde van alternatiewe kragbronne uitgestal gaan word. Produkte wat vir die gewone verbruiker ?n oplossing kan bied, strek van sonverwarming vir kook en waterverwarming, alternatiewe verbrandingsmateriaal (soos jel), LED ligte vir besparing, sonpanele, batterye, windlaaiers en brandstofontwikkeling (soos bio-diesel). Innoverende individue word genooi om hul planne te kom uitstal. Daar is pryse vir die beste idee of model vir die opwekking van alternatiewe energie of energie besparing in die volgende kategorie: laerskool, horskool en individue. Bespreek jou stalletjie teen R50 buitenshuis en R100 binnenshuis by Hendrik en Alida Verwoerd: tel 012-736 2154 of 083-258-5239.

xxx

Ons hoor dat daar ?n gewapende roof by Rhino Ranch, gele op die Rhenosterfonteinpad, was op Dinsdagoggend, 13 April. Blykbaar was daar vier wit gewapende rowers wat in ?n wit Golf daar weg is.

xxx

Blykbaar gaan Grinaker LTA voort met hul aansoek om ?n teeraanleg in Donkerhoek daar te stel, ten spyte van inwoners se protes. Grinaker, een van die grootste siviele ingenieurs- kontrakteurs in die land, het vir Cave Klapwijk en Vennote, die maatskappy wat die openbare deelnameproses rondom die teeraanleg hanteer, laat weet dat hul nie die aansoek gaan terugtrek nie.

xxx

Laerskool Witpoort hou weer Biltongfees op 15 Mei van 4 nm tot laat. Di keer sing Juanita du Plessis. Instapkaartjies is R90 per volwassene en R60 per horskoolleerling. Laerskoolleerlinge se toegang is gratis, maar hulle moet deur hul ouers vergesel word. Bring jou eie kampstoel en kombers. Daar is ?n verskeidenheid verversings te koop. Huur ?n lapa/losie by die skool en onthaal jou eie gaste of klinte. Vir meer inligting, kontak Roelien by 082-495-2937 of Susan by 011-964-1251.

 

© 2019 Die/The Bronberger