Die spook van Smutshuis bewaar Krugermiljoene glo vandag nog PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Thursday, 22 April 2010 15:15
Untitled Document

Niemand wou tannie Isie Smuts destyds glo nie. As vrou van staatsman Jan Christiaan Smuts, was sy nie veronderstel om uitgesproke te wees oor die spook wat sy aanhoudend in hulle Irenehuis gesien het nie.

Vandag, baie dekades na haar dood, sluip diť spook glo steeds in en om die Smutshuis, wat nou ?n museum is, rond. Die spook is dan selfs afgeneem en dit wil voorkom asof tannie Isie reg was: Dis ?n ouer man met ?n stel Kruger-snorbaarde. Of lyk hy dalk meer Hongaars?


Diť spook pas blykbaar die Boereskat op
Foto: Springsstad

Die storie loop dat die spook die bewaarder van die geheim is oor die Boereskat, beter bekend as die Kruger miljoene, wat in die Tweede Vryheidsoorlog verdwyn het. Almal het gedink diť skat lÍ iewers in die destydse Oos-Transvaal begrawe, maar kenners meen nou dat die spook die skat iewers naby die Smutshuis bewaar.

Smutshuis is op ?n gedeelte van die plaas Doornkloof gebou. Diť plaas is uitgelÍ deur die Voortrekker, DaniŽl Elardus Erasmus. Die Hongaar Alois Hugo Nellmapius het in 1889, saam met sy vrou, ?n nooi Johanna Corlydia Hoffman, twee derdes van die plaas gekoop en dit vernoem na hul dogter, Irene.


Ouma Isie
Foto: Friends of the General Smuts Foundation

Dit was juis Nellmapius wat groot vriende met Paul Kruger geword het en hom gereeld onthaal het op sy plaas. Dit is ook waar hy vir Arnold Theiler, wat beskou word as die vader van veeartsenykunde in Suid-Afrika, sy eerste werk in die land aangebied het.

Nellmapius het op diť plaas gebly tot sy dood in Julie 1893. Die plaas Irene is deur Albertus van der Bijl op ?n veiling gekoop in 1896. ?n Deel van die oorspronklike Doornkloof- plaas is eers in 1908 deur Jan Smuts aangekoop.

Teen daardie tyd was Paul Kruger, oorlede op 14 Julie 1904, al vier jaar lank dood en Nellmapius 15 jaar. Dit kon enige een van diť twee wees wat tannie Isie daar sien ronddwaal het. Maar hoekom rondom diť huis?


Alois Hugo Nellmapius
Foto: Wikipedia

Is dit omdat Paul Kruger in diť omgewing by Nellmapius gekuier het of omdat die huis in ?n stadium in die Oos-Transvaal was? Smutshuis is ?n voorafvervaardigde hout-en-staal struktuur wat Generaal Smuts vir £300 gekoop het. Die gebou is blykbaar oorspronklik in Brittanje vervaardig en is toe in IndiŽ gebruik en later deur die Britse weermag na Suid-Afrika verskeep waar dit as ?n offisiersmenasie gebruik is.

Toe is die huis weer uitmekaar gehaal, per trein na Pretoria gestuur en met ossewa na Doornkloof vervoer waar dit opgerig is teen ?n koste van £1 000 in 1909.


Anton van Wouw was spotprenttekenaar by Nellmapius se De Pers/The Press
Foto: Wikipedia

Diť is nie die enigste, al is dit so verlangs, huis-verbintenis tussen Paul Kruger en Nellmapius nie. Die fondse vir die oprigting van Krugerhuis is deur Nellmapius voorsien en die huis is ontwerp deur Tom Claridge, ?n argitek wat destyds vanaf Kimberley na Pretoria verhuis het om vir Nellmapius geboue in en om Pretoria te kom ontwerp. Krugerhuis is voltooi terwyl Pres. Kruger op amptelike besoek in Europa was.

Maar kom ons begin by Nellmapius se aankoms in die land. ?n Gekwalifiseerde myningenieur gebore in Boedapest, dok hy in die Kaapkolonie in 1873, die jaar wat goud gevind is. Hy was suksesvol met die goudmynery naby Pelgrimsrus en het die eerste transportkonsessie vir ?n muil-koetsdiens na Delagoabaai gekry in 1875. Hy het ?n pad, wat vandag bekend is as Nellmapiusweg, van Mac-Mac en die goudvelde, oor die Krokodilrivier by Nellmapiusdrif naby Hectorspruit na Matalhapoort in Mosambiek, oopgelÍ.

Hy het ook handel gedryf in goedkoop Portugese drank wat hy van die kus na die goudvelde vervoer het. In 1878/79 gaan hy ?n vennootskap met Robert Cottle Green wat die plaas Hatherley, aangedui as 17 km oos van Pretoria aan die Pienaarsrivier, besit het, aan. In 1881 doen hy aansoek om ?n brandewynstokery, waarvoor hy alleenreg wou hÍ, op Hatherley te begin. In Die Bronberger se September 2009 uitgawe het ons berig dat Nellmapius gesÍ het dat dit hoog tyd is dat die Volksraad mense aanmoedig om produkte in die Republiek te vervaardig, in plaas daarvan om alles in te voer. Hy het voorgestel dat hy ?n fabriek sal begin wat suiker, meel, alkohol, bier, sigare, asyn en styfsel vervaardig en leer looi, maar wou ?n konsessie van die Volksraad hÍ wat hom alleenreg vir ten minste 15 jaar kon waarborg.


Die fondse vir die oprigting van die Krugerhuis is deur Nellmapius voorsien
Foto: Rosa Swanepoel se Ou Pretoria nuusbrief

Die Volksraad het sy versoek goedgekeur en die kontrak is ?n maand later, in Oktober 1881 onderteken. So het Nellmapius die enigste vervaardiger in die Republiek geword van sterk drank, asook die reg om diť alkohol in grootmaat te verpak en te verkoop sonder lisensie. Maar dit is juis rondom hierdie tyd wat Nellmapius deur een van sy gereelde bankrotskappe gegaan het. Hatherley was al wat hy nog besit het. Hy vorm toe saam met die maatskappy Lewis & Marks, bestaande uit sy vriende Sammy Marks en neefs Isaac en Barnett Lewis, beter bekend as Barney Barnato, ?n onderneming.

Die stokery is op 6 Junie 1883 amptelik deur president Kruger geopen en hy het dit na ?Volkshoop? herdoop. Nellmapius het ook die eerste buskruitfabriek in Suid-Afrika begin en later die Irene Kalkwerke.

Voor hy Irene toe getrek het, het Nellmapius op die noord-oostelike hoek van Vermeulen- en Bosmanstraat gewoon. Op die noord-westelike hoek het Nellmapius se Persdrukkery in die 1880?s tot stand gekom. Anton van Wouw en W. Schroder was in die 1890?s by De Pers/The Press as spotprenttekenaars in diens. En op die nabye Vermeulenstraatterrein waar die Jeugsentrum vandag staan, is die bekende Suzannasaal in 1904 opgerig. Dit is in hierdie saal waar Pres. Kruger se lyk in Desember 1904 in staatsie gelÍ het voor die begrafnis.

Nellmapius is in die Heldeakker begraafplaas in Kerkstraat begrawe, ?n blote klipgooi van Paul Kruger se graf af.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger