Die skande van Zwavelpoort PDF Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 20 May 2010 17:25

Lucia Nagel van Zwavelpoort skryf:
Daar was slegs 33 huisgesinne by die vergadering waarop die formaat van die dispuut wat Zwavelpoort inwoners met die Kungwini munisipaliteit wou verklaar, uiteengesit moes word. Raadslede André van der Walt en Deon van Tonder wat die vergadering bygewoon het sê: indien daar nie ten minste 80% deelname van die gemeenskap is nie, sal die dispuut van enkelinge geen impak hê wat tot verbete- ring van die dienste sal lei nie.

Hierdie skrywe is ’n dringende beroep op elkeen wat in die Zwavelpoort distrik woon om deel te word van ’n dinamiese poging om die dienste te kry waarvoor jy maandeliks betaal: vullis verwydering, ’n munisipale pad, stormwater, gepypte water, riool suiwerings werke, en alhoewel ons hiervoor betaal word die dienste nie gelewer nie. As ons nie ’n dispuut verklaar, wat ons in ’n posisie sal plaas om ons eie omgewing te bestuur nie, sal die omgewing binne vyf jaar ontoeganklik wees.

Die stadsraad sal net voortgaan om hoë digtheid ontwikkelings goed te keur ten spyte daarvan dat daar geen infrastruktuur bestaan om die eenhede te diens nie.

Asseblief, die Zwavelpoort Huiseienaarsvereniging doen hiermee ’n beroep op elkeen wat graag in ’n ontwikkelde, goed bestuurde omgewing wil woon, om dringend met ons kontak te maak. Ons moet binne die volgende maand ons dispuut verklaar.

Kontak Werner Buetner by 082- 338-9613 of Lucia Nagel by 082- 673-6197 of e-pos na: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger