Het jy gehoor? / Have you heard? - Mei 2010 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 20 May 2010 15:29
Untitled Document

?n Ondernemende siel van Mamelodi het ongeveer 5 000 nie-bestaande erwe aan Mamelodiane teen R300 per erf verkoop langs die Pienaarspoort hoewegebied. Nokeng en Tshwane munisipaliteite moes ’n hofbevel kry sodat die polisie die nuwe ‘grondeienaars’ kon verwyder, want al die erwe was binne die 800 meter buffersone om Hatherley stortingsterrein.

xxx

Dit lyk of die Bronberg se luiperds ooswaarts uitgewyk het om te ontvlug van die bedrywighede in Zwavelpoort en Tierpoort. Twee uitgevrete spikkelkatte is op ’n plaas by Witpoort opgemerk, waar ’n kalf net die vorige week raaiselagtig verdwyn het.

xxx

Daar is ’n kunsuitstalling by Boskazi, plot 221, Bashewa op Saterdag 22 Mei van 11 vm tot 5 nm. Kunstenaars wat gaan uitstal is Francois Breytenbach, Ina Pfeiffer, Ina van der Berg en Franci Roodt.

xxx

Avondzon Kafee het Vrydagmiddag 7 Mei afgebrand. Daar was glo ’n poging tot inbraak die vorige aand en die winkeleienaars, Algeryne wat die bedryf huur by Avondzon trust, het die diefwering gesweis. Vonke het op ’n brandbare oppervlak geval en vlamme het dadelik versprei. Avondzon Trust bespreek nog of hulle gaan afbreek en oorbou. Inwoners wat hulle Bronbergers altyd daar gekry het, kan die Mei-uitgawe by die Mooiplaats Kafee op die ou Bronkhorstspruitpad of Oukraalmuur Kafee, op die Boschkop grondpad, langs die noordelike Donkerhoek tolhek, kry.

xxx

On Friday 7 May numerous workers reported to Boschkop Police Station to complain that they’d not been paid their wages. We were told that some of these people had been working for their employers for up to three years. Complainants were referred to the Department of Labour, but Bronbergers should be warned that there are some very upset people out there, who may feel justified resorting to crime to get what they feel they deserve. They probably feel hatred for the community that supports their employer and might react badly when questioned by community members patrolling the areas that they have to walk through because they don’t have taxi money. Community members feel that a name-and-shame campaign should be launched to discourage unscrupulous employers from putting the community at risk.

xxx

Wet Nose Animal Rescue Centre is having a Green Fingers Picnic Party on Saturday 22 May from 9 am. Volunteers are invited to bring along rakes, forks, spades, garden shears, petrol weed eaters, petrol brush cutters and, if possible, lawn mowers to help get the grass in the camps and paddocks under control. Bring along picnic baskets and blankets. Hotdogs, food and cold drinks will be on sale. Wet Nose is at plot 75, Vaalbank on the old Bronkhorstspruit Road. For more information, contact Wessel Wessels at 013-932-3941/2.

xxx

Paassondag was daar ’n yslike optog tussen Pienaarspoortstasie en plot 45 Pienaarspoort se wettige plakkerskamp. Die erfskoonmakery is reeds op 21 Maart deur ’n klomp bejaarde vroue met skoffelpikke geloods; maar Paassondag se mars deur die hoewegebied het net bestaan uit ’n klomp jong lummels met stokke.

xxx

Kungwini Welsyn werk deesdae saam met Cartridge Depot. As jy jou laserdrukker se leë inkkasset saamneem wanneer jy ’n nuwe een aankoop, sal die ou inkkasset vir herwinning aangewend word en die fondse word aan Kungwini Welsyn geskenk. Vir meer inligting bel Kungwini Welsyn by 012-809-0020/1.

xxx

In die vroeë oggendure van 12 Mei het boewe by Jan Grobbelaar se houerstoor op plot 860 Zwavelpoort ingebreek en die ongeveer R80 000 se inhoud aan die brand gesteek. Niks kon gered word nie. Die inhoud het gestrek van ’n trekker en implemente, fietse, ’n motorfiets, tuinmeubels, deur- en vensterrame, gereedskap, hout, staalpype en pale. Dit lyk asof nog ’n grassnyer, twee bergfietse en ’n bromponie gesteel is.

 

© 2019 Die/The Bronberger