Cullinan mik na Dorp van die jaar PDF Print E-mail
News - Artikels
Thursday, 20 May 2010 15:43
Untitled Document

Cullinan is een van die drie Gautengse finaliste in die 2010 Dorp van die Jaar kompetisie. Dié kompetisie word gehou onder dorpe wat minder as 500 000 inwoners het en word geborg deur Rapport, KykNET en Leopard’s Leap.

Mense dwarsoor die land het hul gunsteling dorp genomineer en die beste drie in elke provinsie dring deur om teen mekaar te kompeteer. Die ander twee dorpe wat deurgedring het is Heidelberg en Henley on Klip.


Die Cullinan-stasie van toeka se tyd, Vandag word ?n restaurant op die peron bedryf

Cullinan is na sir Thomas Cullinan vernoem wat in 1902 ’n ryk diamantpyp daar ontdek het. Die grootste diamant ter wêreld is op 25 Junie 1905 in dié myn gevind en Cullinan se groot gat, 42 ha groot en omtrent 450 meter diep, is vier keer groter as Kimberley s’n.

Oor die jare het Cullinan ’n toerismeaantreklikheid geword waar besoekers van dwarsoor die wêreld die buitelug mynmuseum, McHardy House-museum, die diamantmyn, permanente kunsuitstallings, die eerste huis wat in 1903 gebou is, en die verskeidenheid restaurante en snuisterywinkeltjies besoek.

Vir navrae oor die Dorp van die Jaar kompetisie, bel vir Hetta Saunderson by 082-920-3444.


Die Nedbank-gebou in Cullinan is in 1906 as die Nederlandse Bank uit steen gebou

 

 

 

© 2019 Die/The Bronberger