Dit was nie selfmoord nie Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 24 June 2010 18:11
Untitled Document

Elmarié van den Heever van Bafana skryf:
In die jaar van 2003 was mnr Phillip Vermaak in beheer van die kliphuis en Eastern Kwekery.

September-maand die 14de was hy onder valse voorwendsels gif gegee deur een van sy huurders. Blykbaar was die mengsel gewees vir onkruid; mnr Phillip Vermaak was onder die indruk dit was vir sy seer bene waarmee hy al jare reeds gesukkel het.

Phillip het die mengsel voor sy vrou en kinders gedrink. Op September die 15de is Phillip oorlede en die Boschkopse Polisiestasie het ’n saak oopgemaak. Weke geneem om al die verklarings te kry.

Daar was goeie bewyse maar verklarings het glo verdwyn en na drie jaar is die saak gesluit met die gevolgtrekking dat Phillip selfmoord gepleeg het. Dit is gesluit na die huurder ’n bedrag in Lotto gewen het. Die huurder het Phillip se werk oorgeneem.

Vroeër die jaar is die huurder en sy werker vermoor. Baie onwettige gif is in sy woonstel gevind. Die speurder wat Phillip Vermaak se saak hanteer het, sit blykbaar in die tronk.

 

© 2020 Die/The Bronberger