Dis nou maar wors PDF Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 24 June 2010 18:12
Untitled Document

Lizette en Wynand van Mooiplaats skryf:
Nou kyk, ek is ’n wors mens. Jy kan my met ’n strik vang oor wors. Ek het al wyd en suid wors gekoop en beproef. Aan die anderkant is my liewe vrou nou nie so lief vir die worsding soos ek nie. Nou nodeloos om te sê, toe die nuwe Bronberg Vleismark oopmaak besluit ek terstond die plek se wors moet ek probeer.

Daar stap ek toe een middag in en ontmoet die eienaars, Petro en Wilhelm Bezuidenhout. Na ’n ruk se uitvra en voorstel skaf ek vir my ’n pak wors aan en sit af huis toe, want sien, dit is braaidag.

Voor ek die ou worsie op die kole sit, bekyk ek die storie so en dink so in my stilligheid, dis hoe wors moet lyk, en kan die ou worsie praat op daai kole.

Met opskeptyd vat ek vir my ’n stukkie om te proe en dwing vrou ook so half om saam te proe.

Nou ja, ek dink dit is maklik die lekkerste wors wat ek al geëet het en so wraggies toe ek weer kyk, sien ek vroutjie smul net so lekker daaraan.

Deesdae is dit sy wat my gereeld herinner om van daai “lekker” wors te gaan koop. Nie net is ’n slaghuis hier op ons voorstoep gerieflik nie, maar hulle vleis, en moenie vergeet nie, die wors is uit die boonste rakke.

Oom Vreethans, ek dink regtig jy moet ook ’n stukkie wors daar gaan kry en jou mening lig. Ek dink jy sal saamstem. Vreethans van Heerden het ’n paar maande gelede sy mening oor daai einste wors gelug.-Red

 

© 2019 Die/The Bronberger