Het jy gehoor? / Have you heard? - Jun 2010 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 24 June 2010 18:16
Untitled Document

Lynnwoodrif se poskantoor het verlede maand onder ’n gewapende roof deurgeloop en al drie bankmasjiene by Rayton se koopsentrum is een oggend omstreeks tweeuur opgeblaas.

xxx

Louis Swanepoel van Mooiplaats berig dat vreemde onwelriekende “reën” op sy dak geval het. Hy het ’n monster vir ontleding gestuur wat bewys het dat dié “reën” ontlasting bevat het. ’n Buurman, Prof Chris le Roux, het gesê dit gebeur soms dat ’n vliegtuig se toilet oorspoel en dat dié oorspoeling dan vries in die lug, maar smelt voor dit die grond tref en ’n soort “reën” veroorsaak. Het so ’n “reën” al op enige ander Bronberger se dak geval?

xxx

Zwavelpoorters is so moedeloos oor die manier waarop ernstige misdaad in die gebied ondersoek word, dat hulle ’n misdaadkenner amper R50 000 vir drie maande vooruit betaal het om misdaad in Zwavelpoort onder beheer te bring. R & LU Sekuriteitsdienste, onder leiding van ’n vorige moord en roof speurder, Dolf Uys, spesialiseer in ernstige en gewelddadige misdaad en werk reeds in die Kleinfontein en Rhenosterfontein-gebied. Dolf kry informante in informele nedersettings en sjebiens en stel dan inligtingselle op. Hy werk saam met ’n span speurders, almal eks-polisiemanne, wat bewysstukke op die toneel versamel, die polisie help om dossiere te skep, indien nodig die misdadigers arresteer en die saak deur die sisteem, insluitende die hofprosedures, volg, verslae opstel van kriminele aktiwiteite in ’n gebied en verklarings neem van individue wat nie ’n verklaring by ’n polisiestasie wil aflê nie.

xxx

Cathy’s Kunsgalery in Cullinan fokus op die sokkergeesdriftiges wat ons land besoek. ’n Uitstalling van reisigers-vriendelike kunswerke is op Saterdag 29 Mei geopen met ’n groot groep bekende kunstenaars se werke. Die plan is om eg Suid-Afrikaanse kunswerke wat maklik opgerol en in vliegtuie vervoer kan word, aan toeriste te bied.

xxx

Die Zwavelpoort Huiseienaarsvereniging het ’n dringende versoek aan Kungwini Munisipaliteit gestuur om ’n moratorium te plaas op die goedkeuring van enige verdere ontwikkeling in die Zwavelpoort JR 373 distrik. Hul rede is dat daar geen ruimte-beplanningsraamwerk beskikbaar is vir die gebied nie wat beteken dat daar geen beplanning is vir nuwe infrastruktuur nie.

xxx

A new ward committee has been formed for Kungwini ward 2. It is the first time in nearly seven years that such a committee is active and its main purpose is to increase local residents’ participation in municipal decision making. The members are Renell van Staden, Norman Royds, Paul Brink, Clive Lewis, Ray Harling, Johann van der Merwe, Gregory John Bouwer, André van der Walt, Aaron Sepholoana and Sydney Molefe. Send your questions to André at This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . A committee, which will start functioning shortly, has also been formed for ward 1. Leo Middelberg is Zwavelpoort’s representative on the committee. Forward any Zwavelpoort issues to him at This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

 

© 2019 Die/The Bronberger