Ons winter-winskoopgids spesiaal vir Bronberger-lesers PDF Print E-mail
News - Artikels
Thursday, 24 June 2010 16:39
Untitled Document

Maak seker jy bly hierdie winter warm met Die Bronberger se Winter-winskopies koopgids. As jy elektrisiteit of water wil spaar, op soek is na kaggelhout of antrasiet, wil seker maak jou honde slaap snoesig of ’n warm binnenshuise atmosfeer met meubels wil skep, wys ons jou hoe. Deelnemers aan ons koopgids bied afslag op dienste of produkte vir ’n sekere tydperk in die winter, spesiaal net vir ons lesers.

Elektrisiteit en water
Electune Elektrisiteitbesparing
Electune is ’n spesialiteitsonderneming wat huishoudings en klein of medium bedrywe se elektrisiteitsverbruik ondersoek, verduidelik waar hul grootste koste vandaan kom, en help om die maandelikse rekening met 10– 30% te verminder, sonder groot kostes van nuwe apparaat of huismodifikasies. Die gemiddelde fooi hiervoor in die ooste van Pretoria, waar vervoerkoste beperk is, is R450. Tot einde Julie word dit teen R405 (10% afslag) aangebied. Die diens sluit ’n gedetailleerde skriftelike verslag in, asook optimum instelling van huishoudelike apparaat, soos geysers, stortkoppe en swembadpompe, waar nodig. Kontak Theuns Verster by sel: 073-334-8753, e-pos: electricitytuning@ gmail.com of besoek: www.electune.co.za.
AquaClic Waterbesparingstoerusting
AquaClic waterbesparingstoerusting bespaar water, energie en geld. Biobox is die invoerder en verspreider van die Switsers-vervaardigde AquaClic toerusting vir krane, toilette en storte. Koop enige AquaClic produk van die AquaClic aanlyn winkel, www.aquaclic.co.za, en skryf ‘Bronberger’ op jou bestelvorm om gratis aflewering in Pretoria en omgewing te kry sowel as ’n 10% afslag op bestellings van meer as R500. Dié aanbod is geldig tot 31 Julie vir bestellings waarvan die deposito’s voor 31 Julie betaal word. Aflewering sal gefinaliseer word teen 31 Augustus. Daar is beperkte voorraad beskikbaar. Kontak Olivia Ashworth by tel: 0861-BIOBOX (0861-246269), e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.aquaclic.co.za or www.biobox.co.za.

Dieresake
Pets Pantry
Pets Pantry help jou honde om deur die koue winternagte te kom met 10% afslag op alle kussings wat saam met ’n Cosy Kennel gekoop word en 5% afslag op Cosy Kennels vir die hele Junie. Dié groen koepelvormige hondehokke is sonbestand en geïsoleer. Die X-tra groot hok was R1 908 en is nou R1 812; die grote was R1 529 en is nou R1 453; die midi was R1 210 en is nou R1 150; die medium was R849 en is nou R807; en die kleintjie was R544 en is nou R517. Dié veeartswinkel verskaf kwaliteit voer, oor-die-toonbank medikasies en bykomstighede. Veeartsadvies is beskikbaar; veeartse werk skofte in die winkel en na-ure personeel is veeartsenykundestudente. Pets Pantry is in Mooikloof Village. Skakel 012-480-1974.
Zoya’s Stables
Zoya’s Stables, private stalle op ’n 13 ha plot, bied R150 afslag per maand op stalgeld vir alle nuwe kliënte vir hul eerste twee maande. Die afslag is geldig van Julie tot September. Zoya’s Stables is op plot 84, Klipkop in Lynnwoodweg- verlenging (Grahamweg) ongeveer 16 km vanaf Hans Strijdomrylaan. Vir meer inligting kontak Charlene Herbst by tel: 083-790-7373, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.zoyastables.co.za.
Voer
Bederf jou diere met Eragrostis. Ben Moolman het groenvoer wat onmiddellik beskikbaar is in blokbale. Daar is verskillende grade van gehalte om by jou voer-behoeftes te pas. Daar is omtrent twee duisend bale in voorraad en afslag is onderhandelbaar vir groot hoeveelhede. Gaan haal die bale self by Ben se plot in die Tierpoort-omgewing. Vir meer inligting, kontak Ben by tel: 072-243-4297 of e-pos: benmoolman@ kleinfontein.net.
Gatabi Rabbitry
Gatabi Rabbitry sal almal wat ’n Bronberger- tydskrif na hulle toe bring 20% afslag gee op die volgende rasse: Nieu Zealand, Nederlandse Dwerg en Engelse Angoras. As jy ’n haas koop kry jy ’n gratis 2 kg sak Epol haaskos en inligting oor haasonderhoud. Die normale prys van Nieu Zealand wit hase van 8-12 weke is R140. Hulle is nou R112 elk. Die Nederlandse Dwerg se normale prys is R150 en hulle is nou R120. Die Engelse Angora hase van 8-12 weke oud se normale prys is R200 en hulle is nou R160 elk. Die aanbod is geldig van 21 Junie tot 30 Julie. Vir meer inligting, bel vir Gavin Grgurin by 082-554-9412 of Tamara Plasser by 083-444-4830 of 011-623-1801 (ná 6 nm).

Internet
Wipronet
Wipronet is die Bronberg-omgewing se eie breëband Internet diensverskaffer. Dié diens is nie afhanklik van koperkabels nie en jy kry ononderbroke hoë-spoed Internet toegang van tot 4 MB per sekonde. Hier word jy nie gevang deur ’n 24-maande kontrak nie – jy teken jouself nooit vas nie. Wipronet bied ook ’n terugkoop aanbod – as jy trek, sal hulle jou toerusting terug koop by jou. Jy kry een gratis e-pos adres en vyf aliasadresse vir elke rekening. Hulle bied ook ’n gratis faks-na-e-pos diens. Wipronet se spesiale aanbod is blitsige Internet diens plus 3 GB teen slegs R328 per maand. Die aanbod is slegs geldig op debietorder. Skakel 012-940-0222 vir ’n gratis seintoets.

Meubels
Oregon Meubels
Oregon Meubels maak reproduksies uit hout wat ongeveer 50 tot 100 jaar oud is. Alle meubels word met die hand gemaak en is van hoë gehalte teen bekostigbare pryse. Jy kan ’n hoekie in jou huis meet en hulle kan vir jou ’n kassie volgens jou afmetings bou en aflewer. Hulle bou ook meubels met Saligna pale. Besoek www.oregonfurniture.co.za om te kyk na voorbeelde. Duncan Oosthuizen van Oregon Meubels sê hy sien uit daarna dat alle Bronbergers ’n draai by sy winkel kom maak. Bring Oregon Meubels se advertensie in Die Bronberger saam en jy kry R200 afslag. Hulle is in Hildastraat 265, tussen Pretoriusen Schoemanstraat in Hatfield. Kontak Duncan by tel: 012-430-4095 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Wood & Comfort
Wood & Comfort bied kwaliteit meubels, bykomstighede en dekordienste. Die mense van Wood & Comfort is tereg trots op hulle besonderse gordyne wat nommerpas vir hulle klante se behoeftes gemaak word. Vir die duur van die wêreld sokkerbeker kan alle plasma TV-eenhede teen 10% afslag by Wood & Comfort aangekoop word. Hulle is geleë in Atterbury Value Mart, Faerie Glen. Kontak Mariet of Marnette by 012-991-4875, faks: 012-991-4876, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek hulle webtuiste by www.woodcomfort.co.za.
Senex Interiors
Senex Interiors bied ontwerpermeubels teen bekostigbare pryse – meubels wat eksklusief is en nêrens anders as by Senex gevind kan word nie. Senex bestaan sedert 1943 en bied gratis advies oor binnenshuiseversiering met jou aankope. Hier kry jy ’n verskeidenheid meubels en ornamente vir elke vertrek in jou huis. Alle voorraad is beskikbaar op maklike terme – jy kry 24 maande om te betaal. Elke maand se spesiale aanbieding kan in hulle advertensie in Die Bronberger gesien word. Senex is in die Wapadrandsentrum op die hoek van Lynnwood- en Wapadrandweg. Kontak hulle by tel: 012-807-1791/2 of faks: 012-807-0340.

Vir die hongeres
Boma Vleismark
Boma Vleismark, lank reeds bekend vir hul uitstekende gehalte vars vleis en vleisprodukte, nooi jou om te gaan kyk na die nuwe reeks wat pas bekendgestel is: tuisgemaakte bobotie, lamspastei, hoenderpastei, lasagne, wildspastei en herderspastei – klaargaar en gereed om bedien te word. Met die oog op die winter is daar voorbereide sop, gereed vir opwarming. Dié warm kos is waarlik winter-winskope en spaar jou voorbereidingsmoeite en elektrisiteit. Besoek Boma op die hoek van Garstfonteinweg en Rubensteinrylaan in Moreletapark, tel: 012-998-8711, Boma Biltong & Braai in Moreleta Plaza, oorkant Checkers, tel: 012-998-1617, en Boma Vleismark Tierpoort op Garstfonteinweg-verlenging, tel: 012-811-5031.
Bronberg Wynlandgoed
Die splinternuwe Bronberg Wynlandgoed bied nie net topgehalte wyne nie, maar opwindende nuwe disse. Die restaurant se groot verskeidenheid tradisionele geregte is steeds beskikbaar op die spyskaart. Elke Sondag word ’n boerekos-buffet voorgesit. Elke Dinsdag is pensioentrekkersdag met 20% afslag op etes. Die eerste en laaste Dinsdag van die maand kos potjiekos slegs R15 vir pensioentrekkers. Op Vrydae is daar spesiale aanbiedinge vir almal, soos 500 g T-been en Eisbein teen weggeepryse. Bronberg Wynlandgoed is in Lynnwoodweg-verlenging, langs die Boschkopafdraai. Bel vir Faan by 082-820-7339 of vir Hans by 076-452-6182.
Tjillie Tjommies
Tjillie Tjommies se verhaal gaan oor twee goeie vriendinne en ’n lappie grond. Drie jaar gelede het twee enkelma’s, Annemarie Joubert en Hanna Bekker wat op ’n plot net buite Kleinfontein bly, besluit om die een hektaar tussen hulle huise in te span. Verskeie opsies is oorweeg, maar op die ou end het Hanna se vernuf om enige dis met ietsie warms op te kikker, die deurslag gegee. ’n Wye verskeidenheid rissies, van soetrissies tot vuurwarm habaneros is aangeplant en die oes vind sy pad deur Hanna se kombuis tot in die heerlikste gebottelde mengsels. Dit word by verskeie winkels in die omgewing verkoop en ook ingespan vir Leribisi Lodge se nuwe reeks pizzas. Besoek www.tjillietjommies.co.za of skakel 082-610-7561 om meer uit te vind oor tjillie winskopies.
Bronberg Vleismark
Bronberg Vleismark is ’n tradisionele familieslaghuis wat net Agraad vleis aanhou. Petro en Wilhelm Bezuidenhout het jare lank ’n plattelandse slaghuis bedryf waar hulle bekendheid verwerf het vir hulle bobaas boerewors, biltong en droëwors. Hulle nooi alle Bronbergers uit om by hulle te kom kuier by die Zwavelpoort (Building) Sentrum in Lynnwoodweg- verlenging, oorkant die Boschkop-afdraai. Tot 26 Junie word bees dikrib en brisket teen 5% afslag verkoop. Jy kan hulle bel by: 073-180-5289

Huisverbetering
B-House
B-House Building Supplies is een van die hoofvoorsieners van boumateriaal en hardeware in die Pretoria-omgewing en bied die volgende spesiale aanbiedinge vir Bronberger lesers: Eastern Green dak-isolasie hou die huis warm in wintermaande en koel in die somer. Dit is ’n omgewingsvriendelike produk en is teen ’n winskoop prys van R152 per rol (12 m²) beskikbaar. Die normale prys is R195 per rol. B-House verskaf ook kaggelhout, en antrasiet is beskikbaar teen R39.50 per sak waar die prys altyd R53 is. Die aanbiedinge is beskikbaar tot 31 Julie. Gas silinders kan omgeruil of hervul word by B-House op die hoek van Garstfonteinweg-verlenging en Blesbokstraat. Skakel 012-480-0088 of 084-550-6061/2..
Buck Manufacturing
Buck Manufacturing vervaardig en installeer alle soorte op maat gemaakte sonskerms (soos Boston, ‘pram’ en ‘tie’), rolblinders, alle soorte binnens- of buitenshuise blinders, alle soorte skadu afdakke en koepeldakke vir parkering sowel as terugtrekbare skerms. Die foto wys wat Buck Manufacturing spesiaal vir die Cullinan Premier Hotel gedoen het. Buck Manufacturing bied 10% afslag op alle produkte in Junie en Julie. Kontak dié mense om afmetings by jou perseel te kom neem. Praat met Majeen Visser by 078-533-5663.
Frankert Verwe
Frankert Verwe bied 10% afslag op alle verf. Dakverf was R485 per 20 liter en is nou R436. Buiteverf was R560 per 20 liter en is nou R504. Dié aanbod is geldig die hele Junie. Frankert Verwe is in 1969 gestig met die doel om kwaliteit verf te vervaardig teen bekostigbare pryse vir die publiek. En dit is juis wat dié mense reeds die afgelope 41 jaar lank doen – hulle het aangehou om kwaliteit verf te vervaardig teen fabriekspryse. Frankert Verwe is by Farmers Shed in Garstfonteinwegverlenging, ongeveer 8 km vanaf Mooikloof in ’n oostelike rigting. Vir meer inligting kontak Flip Venter by 012-811-2203 of 083-457-7169.
Biorock Domestic Sewage Treatment Plant
Biorock is ’n volledige huishoudelike rioolbehandelingsaanleg wat geen energie vir die behandelingsproses benodig nie. Behandelde afvalwater kan hergebruik word vir besproeiing. Die sisteem is visueel onopvallend, stil en reukloos. In Junie en Julie sal Biobox die Biorock-5 met pomp en oplig-pomp in die Pretoriagebied voorsien en installeer vir R44 950, BTW uitgesluit. Die prys is vir ’n retro-pas opsie waar die kliënt ’n bestaande en geskikte septiese tenk het en self die installasie se uitgrawings en opvulling hanteer. Dié 10% afslagprys is geldig tot 31 Julie vir bestellings wie se deposito’s voor 31 Julie betaal word. Installering sal teen 30 September afgehandel word. Daar is beperkte voorraad beskikbaar. Kontak Marius Steenkamp van Biobox by tel: 0861-BIOBOX (0861-246269), e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.biobox.co.za of www.biorock.co.za.
Des Arts
Des Arts spesialiseer in die oprigting van mure, bekend as ‘brick crete’, ‘wood crete’ en ‘stone crete’, wat beide kante dieselfde patroon het en dus vir beide bure aanvaarbaar is. Hulle doen ook die oprigting van vooraf vervaardigde grys betonmure, verhogings en herstelwerk aan mure, die toemaak van afdakke met deure en vensters, asook volledige huise en tuinhutte. Praat met dié mense oor plaveisel, die afsaag en verwydering van bome. Des Arts se spesiale aanbod is 2,5% afslag op produkte van 1 tot 31 Julie. Kontak PC Jansen by tel: 082-963-8505, e-pos: toppiejansen@ gmail.com of besoek www.kwipwap.co.za/wall/.
African Reed
As jy ’n natuurlike, warm atmosfeer aan jou lewensruimte wil gee is rietplafonne net die ding vir jou. Gaan drink gerus ’n koffietjie by die nuwe Bronberg Wynlandgoed om te sien hoe sulke plafonne lyk. Dié nuwe plafonne is daar aangebring deur African Reed, ’n maatskappy wat spesialiseer in ’n verskeidenheid afwerkingsmateriaal vir plafonne met ’n unieke Afrikatekstuur. Hulle maak ook dekoratiewe panele, sowel as plafonne, afdakke en heinings van bloekomlatte. African Reed bied 10% afslag op hul produkte tot einde Julie. Vir meer inligting skakel 082-773-5514, stuur ’n e-pos na malandie@africanreed. co.za of besoek www.africanreed. co.za.
Patt Projekte
Patt Projekte bied jou meer as 29 jaar ondervinding in staal konstruksies, vliegtuig loodse, fabrieke, store, ‘chromadek’, ‘alucushion’, skuifdeure, ‘bullnoses’, polykarbonaat plate, sement en gas. Hul spesiale aanbod is gegolfde sink van drie meter lank teen R25 per meter. Die gewone prys is R32 per meter. Die aanbod is geldig tot einde Julie. Patt Projekte is in Garstfonteinwegverlening 164, in die Bashewa Sentrum. Vir meer inligting, kontak hulle by tel: 012-811-5014/11, sel: 083-302-0561, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.pattprojects.co.za.

Klasse vir kreatiewes
Nelene Dippenaar Skilderklasse
Verf jou spanning weg en ontdek ’n gawe wat jy nooit geweet het jy besit nie. Jy hoef nie te kan teken om deel te word van Nelene Dippenaar se skilderklas nie; nie eers ’n stokmannetjie nie. Nelene sê dat baie mense nie besef hulle het die talent nie tot hulle vir die eerste keer ’n beginners- skilderklas bywoon. Nelene se spesiale aanbieding werk as volg: Skryf in by haar kunsklasse en as jy daarvan hou, kan jy ’n vriend of vriendin saambring om ook lesse te kom neem. Jy kry dan ’n les ter waarde van R100 gratis. Nelene bied haar skilderklasse aan op ’n plot in Tierpoort, rofweg 1 km vanaf die Tierpoort winkelsentrum. Bel Nelene by 082-775-6491.
The Scrapbook Company
The Scrapbook Company verskaf produkte vir plakboeke, kaartjies en skoolprojekte. Hulle bied klasse aan en sal tot 1 September 50% afslag gee op alle eerste klasse. Jy spaar hiermee R67.50. Hier leer jy die kreatiewe proses om jou waardevolle foto’s op die regte manier te bewaar deur die gebruik van die korrekte materiaal en opwindende kunstegnieke. Die winkel het ’n groot verskeidenheid plaaslike en ingevoerde produkte. Hulle het onlangs vanaf Brooklyn Square geskuif na ’n groter perseel in Northern Loft by Silver Oaks Crossing op die hoek van Hans Strijdomrylaan en Von Backstrom Boulevard. Kontak Serena Chlup by tel: 012-809-3055, e-pos: info@ scrapbookcompany.co.za of besoek www.scrapbookcompany.co.za.

Vliegaas hengel
On The Rocks
By On The Rocks kan jy met vliegaas hengel by ’n 1,3 ha grootte dam wat deur die Zwavelpoortspruit gevoed word. Dit kos R120 per persoon per dag om daar te hengel oor naweke of openbare vakansiedae en R70 op weeksdae. Besoekers wat nie visvang nie betaal R30. Daar is visstokke te huur en ’n verskeidenheid vliegaas. Groepe van meer as vyf mense, studente en pensioentrekkers betaal R50 per persoon in die week en R100 oor naweke. As jy die groep bring, kan jy verniet visvang. Die dam is ongeveer 15 km van die Hans Strijdomrylaan kruising, uit met Lynnwoodweg-verlenging in Zwavelpoort. Bel vir Charl by 082-490-2226, Gretchen by 082-305-1154, stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek http://www.wildlifesouthafrica.com/ on-the-rocks-flyfishing/index.htm.

Eiendom
Waterlake Farm
Jy staan beslis ’n kans om op die beste plaas in die dorp te gaan bly. Waterlake farm bied tot 20% afslag op geselekteerde erwe. Boonop kry jy ’n rentevrye afbetalingsopsie en 100% finansiering. Waterlake farm het ’n beperkte hoeveelheid eksklusiewe 1 000 m² erwe op ’n ongeveer 200 ha plaas waar jy ’n unieke lewenstyl in ’n natuurlike, landelike omgewing kan geniet. Dié plaas het die mees gevorderde sekuriteitstelsel met 24-uur sekuriteit, patrollies asook geëlektrifiseerde omheinings en toegangsbeheer. Daar is muurbalen tennisbane, ’n gimnasium, swembad, paadjies vir voetslaan, fietsry en draf. Bel vir Gilda by 082-595-0072 om meer uit te vind oor die spesiale aanbiedinge op geselekteerde erwe of besoek www.waterlakefarm.co.za
Fabriek naby N4
Daar is ’n fabriek te huur naby die N4 snelweg. Dié fabriek is 760 m² groot, waarvan 380 m² toegemaak en 380 m² onderdak is. Die perseel het elektriese omheining, enkel- en drie-fase elektrisiteit en daar is genoeg ruimte vir vragmotors om in en rondom die gebou te beweeg. Die huur is nou R19.74 per m², wat R15 000 per maand beloop. Dit was voorheen R23.69 per m² wat op R18 000 per maand uitgewerk het. Die fabriek is onmiddellik beskikbaar. Bel vir Ronelle by 083-399-2401.

Houerverhuring
Duncor
Duncor Konstruksie en Vervoer het ’n spesiale aanbod op hul 6 m houerverhuring. Die houers word afgelewer en geplaas op die huurder se perseel. Dit is ideaal om te gebruik as stoor aangesien dit veilig, waterdig en stofdig is. Duncor sal geen oplaaifooie (verwyderingsfooi) vra vir enige houers wat afgelaai word in Junie en Julie nie. Die oplaaifooi is gewoonlik dieselfde as die aflaaifooi. Duncor spesialiseer in die vervoer en aflewering van boumateriaal, die verhuring van TLB’s, kraantrok en 2.5 ton roller (“sit on”). Jy kan ook met dié mense praat oor die aflewer van bou-, rivier- en pleistersand, kleibakstene en 13 mm en 19 mm klip. Skakel 083-272-5790 of 083-446-4300.
Route 21 Storage
Route 21 Containers is ’n maatskappy wat spesialiseer in die verkoop, verhuring en vervoer van staal verskepingshouers. Hul spesiale aanbod is 6 m by 2,4 m tweedehandse stoorhouers teen R11 900, BTW en vervoer uitgesluit. Die afslag beloop R1 100 want die normale prys vir dié grootte houers is R13 000. Dié aanbod is geldig van 1 Julie tot 30 Julie of terwyl voorraad hou. Kontak Trevor by 082-5540-779 of 012-345-2364 tussen 8:00 en 12:00 op weeksdae of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Sekuriteit
Wilrich Security
Wilrich Security bied afslag op die installasie van hul Roboguard Early Warning System. Die gewone prys vir ’n een eenheid pakket (een Roboguard) is R5 655 en die afslagprys in Junie en Julie is R4 650. Daar is verskillende pakkette vanaf een eenheid tot en met agt eenhede of meer. Roboguard is ’n elektroniese wagstelsel wat om die perseel geïnstalleer word. Dié vroeë waarskuwingstelsel stel jou in kennis sodra iemand die perseel binnekom; jy weet presies waar en in watter rigting die persoon beweeg. Willem van Jaarsveld spesialiseer die afgelope vyf jaar in Roboguard. Hy doen sy eie installasies; geen ander persone kom op die perseel nie. Nadat hy die sisteem by jou geïnstalleer het, sal hy vir die volgende 12 maande gratis uitkom as daar fout met die sisteem is. Kontak Willem vir ’n gratis demonstrasie by tel: 011-673- 7195, cell: 083-742-2173, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.wilrich-security.co.za.
Pretoria East Security Solutions
Pretoria East Security Solutions lewer enige diens in die sekuriteitsbedryf. Hulle doen ook CCTV kameras, elektriese omheining, alarmstrale (‘beams’), diefwering, veiligheidshekke, motorhuisdeurmotors en hekmotors. Hul spesiale aanbod is ’n Centurion D5 EVO hekmotor met ’n battery rugsteun vir ’n hek tot en met 500 kg met ’n een jaar waarborg. Die gewone prys is R3 500 en die afslagprys is R3 300. Die installasie beloop ’n verdere R500. Dié aanbod is geldig vir ’n maand vandat Die Bronberger se Junie-uitgawe op straat verskyn. Kontak Rudolph Stoltz by tel: 072-545-4107 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Markte
Nickel Wintermark
Die Nickel Wintermark, wat spesiaal met die oog op die groot sokker gebeure in Suid-Afrika gehou word, is nog tot 26 Junie aan by Paul Jungnickelhuis. Hier is ’n verskeidenheid winskope - van handgemaakte produkte tot tradisionele Suid-Afrikaanse items soos koeksisters, beskuit, kralewerk en biltong. Daar is ook ’n teetuin met geregte soos vetkoek, kerrie en rys, malvapoeding, worsbroodjies en bobotie. Kredietkaartfasiliteite is beskikbaar en die mark is daagliks van 9 vm tot 5 nm oop, insluitende Sondae en openbare vakansiedae. Nickel Wintermark is op plot 214 Zwavelpoort in Lynnwoodweg- verlenging (Grahamweg). Skakel 012-809-0020/1 of besoek www.kwo.org.za vir ’n kaart en meer inligting.
Klip Klap
Net om die aangename ontspanne atmosfeer van Klip Klap gratis te kan geniet is ’n ‘bargain’, sê organiseerder Chris Stander. Klip Klap het in die twee jaar van sy bestaan nie net bekend geword as ’n plek waar versamelstukke, boeke, ’n verskeidenheid juweliersware en kuns vir dikwels winskooppryse bekom kan word nie, maar veral vir sy plaas-in-die-stad atmosfeer en die lekker eetgoed en kuier. Klip Klap is ’n eklektiese mark en word elke derde Sondag van die maand in Olympus aangebied. Draai in Leanderstraat oos uit Olympusrylaan oorkant Die Werf restaurant. Kontak Chris by sel: 082-755 0586, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek wwklipklap.co.za.

Vir die tuin
Broodboompermitte
Het jy ’n permit vir jou inheemse broodbome? Volgens nuwe wetgewing moet alle broodbome hergeregistreer word en nuwe permitte moet uitgereik word. Sonder so ’n permit kan ’n mens vervolg word. Phillip Honeyborne is behulpsaam met die verkryging van broodboompermitte. As ’n spesiale aanbod gee hy vir lesers ’n gratis uitroep ter waarde van R350 vir tuine met meer as 20 broodbome. Dié aanbod is geld tot 31 Julie. Vir meer inligting, kontak Phillip Honeyborne by tel: 083-738-7334 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Blyfontein Kwekery
Blyfontein Kwekery bied ’n wye verskeidenheid inheemse bome en plante. Alle plante is gehard en reeds aangepas by die omgewing. Blyfontein kan hulle pryse om verskeie redes verstommend laag hou. Van dié redes is dat die eienaars self werk en self hulle plante kweek, hulle gebruik slegs organiese grondstowwe en hulle is, volgens Dirk Marais, nie gierig nie. Hulle is klein genoeg om bedryfskostes laag te hou, maar groot genoeg om ’n groot verskeidenheid aan klante te bied. Blyfontein gee nou 25% afslag op geelhoutbome, konfettiebos en keiappel, solank voorraad hou. Die kwekery is 1 km oos van die Bafana winkel. Bel vir Dirk by 083-378-3588 of Pine by 082-600-7776.
Newlands Garden
Centre Newlands Garden Centre bied 10% afslag op hul produkte, boumateriaal uitgesluit, tot einde September. Hulle is verskaffers van tuin hardeware, kunsmis, giwwe, tuingereedskap, gemengde tuingrond, grasbedekkings, ’n sampioen kompos en buite- en binnenshuise plante. Daar is ook boukolomme met ringe en voetstukke, ‘pier caps’, waterspuite, waterkanale, fonteine, beton-potte en – standbeelde. Hulle is die enigste verskaffer in Pretoria wat Saterdae tot 5 nm en Sondae tot 4.30 nm oop is vir die laai van enige soort grond en alle boumateriaal. Newlands Garden Centre is op plot 650, Elandstraat, Rietfontein Landbou Hoewes. Kontak Debbie, Magriet of Conrad by tel: 012-480-2094/6 of 012-480-0211/0191. Stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek: www.newlandsgardencentre. co.za.
Lawnmower Legends
Lawnmower Legends bied spesifieke modelle kettingsae, bossiekappers en blasers teen 10% afslag tot einde Junie of solank voorraad hou. Hier kry jy diens, onderdele, verhurings en herstel van toerusting soos grassnyers, kragopwekkers, grastrekkers, kettingsae, blasers en bossiekappers. Dit sluit bekende handelsmerke in soos Stihl, Professional, Zenoah/Komatsu, Maruyama, Kudu en Talon asook Silky (Japanese) handsae en Lowe snytoerusting. Hulle is in Rubensteinrylaan 913, Moreletapark. Skakel 012-993-3087 of 083-260-7589.

Voertuie
Menlyn Gearbox & Diff Centre
Menlyn Gearbox & Diff Centre spesialiseer in die herstel van ratstelsels, ewenaars (‘diffs’), koppelaars en alle autoelektriese- en lugversorgerherstelwerk. Hul spesiale aanbieding is 15% afslag op alle arbeidskostes tot 31 Julie. Menlyn Gearbox & Diff Centre is in die Six Fountains Avontuursentrum, oorkant Makro, langs Hans Strijdomrylaan. Vir meer inligting kontak Rudi Brits by tel: 012-809-0072 of sel: 083-666-1995.
Varta Batteries
By Varta Batteries Pretoria (Oos) is daar R40 af as jy jou Bronberger advertensie saambring en 15% afslag op spesifieke modelle tot einde Junie of solank voorraad hou. Varta bied batterye vir karre, trokke, ‘off-roads’, gholfkarre, hekmotors, veiligheidsisteme, bystandkrag, kampering, diep-siklus, sonkragsisteme en batterylaaiers. Varta is ingevoer uit Duitsland, 100% onderhoudvry en spog met ’n twee-jaar waarborg. Hulle doen ook batterypassings by jou huis as jy gestrand is. Varta is in Rubensteinrylaan 913, Moreletapark. Skakel 012-993-1294 of 083-260-7589.
Jurie Motordiens en herstel
Jurie is ’n senior motorwerktuigkundige met 40 jaar ervaring. Sy billike en eerlike tariewe en deeglike, gewaarborgde werk is een van die grootste ‘bargains’ wat ’n mens kan raakloop. Bel hom by 074-560-4928.

Toer
Travel Counsellors
Dié wat wil wegkom van die sokker af kan Travel Counsellors se Mauritius Soccer Escape toerpakkette oorweeg na die Tamassa Hotel teen R12 812, alles ingesluit, per persoon wat deel. Dié pakket sluit in ontbyt, middagete, aandete, versnaperings, drankies, ’n mini-kroeg in die kamer, kamerdiens, watersport en landaktiwiteite, en ’n kinder- en tienerklub. Dié spesiale aanbod strek tot 11 Julie. Travel Counsellors bied vlugkaartjies, wittebrood- en vakansiepakkette, voertuigverhuring, hotelle, konferensies, visums en vervoer. Kontak Eloise Lubbe by tel: 082-926-4188, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.travelcounsellors. co.za/eloise.lubbe.

Skoonheid
Lia Naels
Lia Naels bied spesiale afslag op gel en akrielnaels met punte. Sulke naels kos gewoonlik R150 en Lia bied dit tot einde Julie vir slegs R120 ’n stel. Lia Naels is op plot 35, Zwavelpoort. Bel vir Liana by 082-452-7790.
 

© 2019 Die/The Bronberger