Dit moet ontsettend erg wees |
|
|
News -
Briewe
|
Thursday, 22 July 2010 10:47 |
Untitled Document
Helena Potgieter van Tweedragt skryf:
Ek lees die brief van Wynand van der
Merwe, adjudant offisier, SAPD Boschkop,
in die laaste Bronberger wat ek
ontvang het. Die gevoel wat ek gekry
het was so half verslae . . . en hartseer.
Ek het myself net afgevra, het ek al
ooit gedink hoe ontsettend dit moet
wees as dit my werk sou wees om op
daardie dag te doen wat hy moes
doen? Ek het Dirk nie eers geken nie,
maar my hart was so seer toe ek van sy
hartseer einde hoor. Wat nog om op
die toneel te moet gaan diens doen,
onder die omstandighede wat Wynand
beskryf?
Ek sê net vandag dankie vir Wynand en
wie nog ookal, dat julle dit kan regkry
om dit te moet gaan doen, want sowaar,
ek sou nie kon nie. |
|