Ek het jou geld Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 22 July 2010 10:49
Untitled Document

Willem Richter skryf:
Ek was op 1 Julie by die Departement van Binnelandse Sake se kantoor op Cullinan. Toe ek moes betaal vir my papiere het ek net ’n R100 noot gehad en agter die toonbank was daar geen kleingeld nie.

’n Baie vriendelike dame uit die publiek het toe vir my die R70 wat ek moes betaal geleen, met die doel dat as ek klaar is, ek oor die pad gaan na die petrolstasie en kleingeld kry vir my R100 en haar terug betaal.

Dinge gaan toe dol daarna en toe ek sowat 15 minute later terugkeer met die geld was die dame reeds weg. Ek voel baie skuldig. Kan julle dalk ’n stukkie in Die Bronberger sit vir die vriendelike, behulpsame dame, in die hoop dat sy dit raaklees en my asseblief sal kontak. My nommer is 073-151-8006.

 

© 2020 Die/The Bronberger